Boesmanland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Tipiese Boesmanlandse landskap

Die Boesmanland is 'n streek in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die streek strek vanaf Calvinia in die suide tot by die Oranjerivier in die noorde en ooste en Namakwaland in die weste.

Die dorpe Pofadder en Aggeneys, asook gehuggies soos Namies en Bosluispan, lê in Boesmanland. Die landskap bestaan uit uitgebreide vlaktes wat deur inselberge, soos Gamsberg, onderbreek word. Die naam van die streek is van sy eertydse inwoners, die Boesmans (San-bevolkingsgroep), wat steeds daar aangetref word, afgelei.

Die Sishen-Saldanha Spoorlyn gaan deur die Boesmanland. Vaalputs, waar kernafval gestoor word, is tussen Boesmanland en Namakwaland geleë.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]