Boommuis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Boommuis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Rodentia
Familie: Muridae
Genus: Thallomys
Spesie: T. paedulcus
Binomiale naam
Thallomys paedulcus
(Sundevall, 1846)

Die Boommuis (Thallomys paedulcus) is 'n knaagdier wat in die noordelike dele van Suid-Afrika voorkom. Die dier staan ook bekend as die Boomrot.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die boommuis is geelgrys met grys sye en 'n wit onderkant. Die swart oogringe gaan oor in strepe wat verleng en strek tot by die neus. Die boommuis is daglewend en word tot 30cm lank en weeg ±100g.

Habitat en gewoontes[wysig | wysig bron]

Hulle verkies savannaboomveld, veral Acaciaboomveld. Hulle leef in bome en maak nes in gate in die bome of pas 'n ou voëlnes aan met sagte plantmateriaal. Die soogdiertjie is nagaktief en bedags rus hulle in familiegroepe in so 'n nes. Daar word gewoonlik 2-5 kleintjies in die somer gebore.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]