Boris Berezovski (pianis)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Boris Vadimovich Berezovski (Russies: Бори́с Вади́мович Березо́вский}}) is 'n Russiese pianis.

Biografie[wysig | wysig bron]

Berezovski het gestudeer by die Moskou Konservatoria met Eliso Virsaladze, en privaat saam met Alexander Satz. Na sy Londense buiging by Wigmore Hall in 1988 het The Times hom beskryf as " 'n kunstenaar van uitsonderlike belofte, 'n speler van verbysterende virtuositeit en formidabele krag."[1] In Mei 2005 het hy sy eerste solo opvoering gegee by die Théâtre des Champs-Élysées in Parys, Frankryk, en in dieselfde venue gespeel in Januarie 2006 met die Orchestre National de France. In Januarie 2007 het hy sewe resitasies nl. "Carte Blanche" gegee in die Louvre. In Mei 2009 het hy die debuutopvoering gegee van Karol Beffa se "Klavierkonsert" in Toulouse, met die Orchestre National du Capitole de Toulouse onder Tugan Sokhiev as dirigent.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Berezovski het die Internasionale Nikolai Medtner Fees geïnisieer wat plaasgevind het in 2006 en 2007 in Moskou, Jekaterinburg en Wladimir, aangesien hy ook reeds sedert die vroeë 1990's 'n voorstander van dié komponis se werk, en ook een van die voorste interpreteerders van sy werk, is.

Opnames[wysig | wysig bron]

Georgiese komponis Giya Kancheli en Boris Berezovski in Tbilisi, na 'n konsert by die Tbilisi Staatskonservatoria

Berezovski se opnames van die volledige Klavierkonserte van Beethoven saam met die Sweedse Kamerorkes onder Thomas Dausgaard is met kritiese lof ontvang.[2] Hy het 'n aansienlike aantal plate opgeneem vir Teldec, insluitende soloplate van musiek deur Frédéric Chopin, Robert Schumann, Sergei Rachmaninoff, Modest Moessorgski, Mily Balakiref, Nikolai Medtner, Maurice Ravel en die volledige Transendentale Etudes van Franz Liszt.

Met die Mirare plate-etiket het hy die Rachmaninoff Préludes opgeneem (Mei 2005) sowel as die komponis se volledige Klavierkonserte met die Oeralse Filharmoniese Orkes wat gedirigeer is deur Dmitry Liss (Augustus 2005). Sy plaat met Tsjaikovski se KLavierkonsert No. 1 en Aram Iljitsj Khachaturian se Klavierkonsert saam met die Oeralse Filharmoniese Orkes onder leiding van Dmitry Liss) was in April 2006 in die Verenigde Koninkryk uitgereik.

Die mees onlangse opnames is Medtner se Verhale en Gedigte met Yana Ivanilova (sopraan) en Vassily Savenko (baritoon) (Mirare 2008), Medtner Twee stukke vir twee klaviere, Op. 58, met Hamish Milne (klavier), Medtner Volledige Klaviersonatas; Klavierwerke — Vol. 7 (Brilliant Classics 2008), en Rachmaninoff se Suite No. 1 vir twee klaviere, Op. 5 & Suite No. 2 vir twee klaviere, Op. 17, met Brigitte Engerer (klavier) (Mirare 2008). In 2010 het Berezovski ook 'n plaatopname van sy Liszt opvoering vrygestel (Mirare 2008). Sy opname van geselekteerde werke deur Johannes Brahms - (Brahms Klavierkonsert No. 2, Variasies op 'n Tema van Paganini (Brahms), en Hongaarse Danse (Brahms), Nos. 1, 2 & 4) was in Januarie 2011 vrygestel (Mirare). Onlangs het Berezovski ook 'n opname van Tsjaikovski se Klavierkonsert No. 2 en ander geselekteerde werk vrygestel onder die plate-etiket Mirare.

Lys van DVDs[wysig | wysig bron]

  • Boris Berezovsky — "Les Pianos de la Nuit". Liszt Transendentale Etudes, S. 139. Regisseur: Andy Sommer. Verfilm op : 4 Augustus 2002 (Naïve 2003)
  • Boris Berezovsky / Dmitri Makhtin / Alexander Kniazev — "Les Pianos De La Nuit". Tsjaikovski Seisoene (No. 6); Nocturne in D mineur, Op. 19, № 4; Trio in A mineur "A la mémoire d’un grand artiste", Op. 50; Serenade melancholique. Regisseur: Andy Sommer. Verfilming: 10 Augustus 2004 (Naïve 2006)
  • Boris Berezovsky — "Change of Plans": Onderhoud en Opvoering. Beethoven 33 Variationen C-Dur op 'n Tema van Antonio Diabelli, Op. 120; Medtner Verhale, Op. 14, 20, 26, 34, 35, 48, 51; Dafydd Llywelyn Improvisasie op "Change of Plans"; Godovski Altes Wien; Lyadof Preludes d-moll, Op. 40, No. 3 and G-Dur, Op. 46, No. 3, Bagatel As-Dur, Op. 53, No. 3. In: "Legato — The World Of Piano", Vol. 1. Regisseur: Jan Schmidt-Garre. Verfilming: 14 Julie 2006 (Naxos 2007)

Toekennings[wysig | wysig bron]

Berezovski het die Goue Medalje gewen tydens die 1990 weergawe van die Internasionale Tsjaikovski Kompetisie in Moskou.[3]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Boris Berezovsky: Biography”. Warner Classics. URL besoek op 9 May 2012.
  2. Verwysing word benodig
  3. Artikel vertaal vanuit die Engelse Wikipedia artikel oor die pianis