Bosveld kleinskub-geelvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bosveld kleinskub-geelvis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Labeobarbus
Spesie: L. polylepis
Binomiale naam
Labeobarbus polylepis
(Boulenger, 1907)

Die Bosveld kleinskub-geelvis (Labeobarbus polylepis) is 'n varswater vis wat natuurlik voorkom in die Limpopo-, die Imkomati- en die Pongolarivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Bushveld smallscale yellowfish.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Daar is twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is silwerkleurig met donker kolle op en die volwasse visse is donker olyf-groen aan die bokant, brons op die sye en roomkleurig aan die onderkant. Al die vinne is donker grys-groen. Die vis word tot 460 mm lank en weeg 6.8 kg. Die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 6.18 kg.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies om in koeler water te leef en kom nie voor op hoogtes wat laer as 600 m bo seevlak is nie. Hulle verkies diep poele en vinnig vloeiende water van permanente riviere en damme. Hulle eet alge in die winter en insekte maar ook slakke, krappe en kleiner visse gedurende die somer. Die wyfie lê eiers gedurende die lente en somer. Die mannetjie word volwasse wanneer hulle sowat 170 mm lank is en die wyfie 300 mm. Die wyfies word gewoonlik langer as die mannetjies. Dit is 'n gewilde hengelvis.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]