Bothanomics

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Johannesburg Sunrise, City of Gold.jpg

Die Politieke ekonomie van Suid-Afrika-reeks


Politieke ekonomie van Suid-Afrika
Bothanomics
Krygkor
Mosambiek-ooreenkoms

Die term Bothanomics verwys na die program van ekonomiese hervorming wat deur die destydse Suid-Afrikaanse staatspresident Pieter Willem Botha tydens sy openingsrede op 5 Februarie 1988 in die nasionale parlement in Kaapstad afgekondig is.

Die maatreëls was die regering se antwoord op die ernstige ekonomiese krisis wat Suid-Afrika in die laat tagtigerjare geknel het en het onder meer voorsiening gemaak vir:

  • die invoering van 'n Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) wat die Algemene Verkoopbelasting (AVB) vervang het;
  • die sentralisering van die staatsfinansies;
  • die privatisering van staatsbeheerde maatskappye soos die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Eskom), die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (SAVD), Pos en Telekommunikasie (P&T), die staalvervaardiger Yster- en Staalkorporasie (Yskor) en 'n aantal paaie;
  • 'n meer doeltreffende staatsfinansiële bestuur, die vermindering van staatsbesteding en die terugbetaling van staatskuld (waarvoor die inkomste uit privatiserings gebruik sou word);
  • die bevordering en ontwikkeling van infrastruktuurprojekte en -instellings, en kleinsakeondernemings in ontwikkelingsgebiede;
  • deregulering ten gunste van Swart sakelui;
  • die bevriesing van lone en salarisse in die staatsdiens om inflasie te bestry; en
  • besparings in die besteding vir sosiale welsyn en 'n verlaging in die standaard van bepaalde openbare dienste.

Bronne[wysig]

  • Botha Announces Privatisation Programme. In: SWB/ME/W0013/A2/2-4, 16 Februarie 1988
  • Botha's New Economic Plan. In: Front File. Southern African Brief, volume 2/3 (Februarie 1988)
  • Monroe, Richard: Bothanomics: Sign of SA capitalism's bankruptcy. In: Inqaba ya basebenzi, nommer 26. Aanlyn beskibaar: www.disa.nu.ac.za
  • Weimer, Bernhard: Das Ende der weißen Vorherrschaft im südlichen Afrika. Baden-Baden: Nomos 1992