Brakrivier (Karoo)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die naam Brakrivier verwys na verskillende strome in die Karoo en wat boonop nogal verbasend naby mekaar geleë is.

Een Brakrivier is naby Loxton en is ‘n boloop van die Sakrivier. Dit loop van Loxton suidweswaarts. Die twee riviere is die tuiste van die oewerkonyn.

Tussen Loxton en Victoria-Wes loop die Klein-Brakrivier deur die Paleydam en die Aspelingdam in die omgewing van die vakansieplaas Melton Wold.

Die Brakrivier loop deur die dorp Victoria-Wes. In die nag van 27 Februarie 1871 was daar ‘n wolkbreuk in die berge 18km suidwes van die dorp. Die rivier het in ‘n vloedgolf sy oewers oorstroom, totale chaos in die pikdonker nag in die dorp veroorsaak. Mense en vee saamgesleep, goedere en geboue verniel. Tenminste 60 mense het omgekom. In 1908 het die rivier weer die dorp oorstroom en aansienlike skade aangerig. Hierdie Brakrivier en sy tak die Brakpoort vloei verder noord en is ‘n boloop van die Ongersrivier wat in die Smartt-sindikaatdam vloei. Onder die dam vloei die Ongers nog noordwaarts en sluit dan by nog ‘n ander Brakrivier aan wat uit ‘n gebied suidwes van De Aar kom. Hierdie Brakrivier sluit ‘n 15km noordoos van Prieska by die Oranjerivier aan.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • Green, Lawrence G.: Karoo. The story of the Karoos of South Africa – the Great Karoo, the Little Karoo and the far corners of the North West Cape and Namaqualand. Kaapstad: Howard Timmins, 1955.
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 2. Kaapstad: Nasou, 1970.