Breëbalk-nooientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Breëbalk-nooientjie
Vis in Réunion.
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Pomacentridae
Genus: Plectroglyphidodon
Spesie: P. johnstonianus
Binomiale naam
Plectroglyphidodon johnstonianus
Fowler & Ball, 1924

Die Breëbalk-nooientjie (Plectroglyphidodon johnstonianus) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan voorkom; meer spesifiek aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Widebar damsel.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 9cm lank en het 'n smal, diep lyf. Die lyf is lig taan tot liggeel met 'n breë, swart amper ovaalvormige balk net voor die basis van die stertvin. Soms is die swart merk afwesig. Die skubbe is gemerk met nie-opvallende blou kolletjies. Hulle leef in oop koraalriwwe in water wat 2 tot 18m diep is. Hier leef naby die takke van die koraal en word gewoonlik gesien wanneer hulle van koraalboom na koraalboom skarel. Hulle is gewoonlik alleenlopend maar kan ook in los groepe voorkom. Die vis vreet alge, klein ongewerweldes en koraal poliepe.

Die vis kan verwar word met die smalbalk-nooientjie (Plectroglyphidodon dickii).

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]