Bredasdorpsepter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Bredasdorpsepter
Paranomus abrotanifolius Potberg 01.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. abrotanifolius
Binomiale naam
Paranomus abrotanifolius
Sinonieme[1]
  • Nivenia micrantha, P. micranthus

Bredasdorpsepter (Paranomus abrotanifolius) is 'n struik tot 90 cm (35 duim) hoog, met tweeslagtige bloeisels wat tussen Mei en Desember verskyn. Dit is deel van die proteafamilie. Die plant kan die losbrande wat in die fynbos voorkom nie oorleef nie. Dit word deur insekte bestuif. Die vrugte los saad ongeveer twee maande na die blomme en hierdie word deur miere na hul ondergrondse neste geneem – waar die omhulsel aan larwes gevoer word. Dit verseker dat die saad nie doodbrand nie – sodat nuwe plante kan ontkiem. Dit is 'n rare inheemse spesie wat net in omtrent tien mini-streke van die suidkus van die Wes-Kaap in Suid-Afrika voorkom. Dit groei in die Potberggebied van die De Hoop-natuurreservaat en op die Elimvlaktes.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Paranomus abrotanifolius Salisb. ex Knight". The PlantList.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]