Bremerbrood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Dr. Karl Bremer, minister van gesondheid van 1951 tot 1953, het baie aandag gegee aan die armes in die samelewing. Hy het besef dat baie siektes, soos tuberkulose, teengewerk kan word deur goeie voeding en was daarom 'n voorstander vir die verryking van voedsel. Hy het vroue aangeraai om botter en margarien as mengsel in die verhouding 1:2 te gebruik. Op sy advies het in Julie 1952 'n verrykte bruinbrood in die winkels verskyn. Hierdie brood, in die volksmond as Bremerbrood bekend, was verryk met smaaklose vismeel, grondbonemeel, melkpoeier, kalsium en ander konsentrate. Bremer het gehoop om op die wyse genoeg eiwitte, soute en vette in die dieet van die bevolking te voeg. Ongelukkig was die brood nooit gewild nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]