Bruindoktervis
Voorkoms
Bruindoktervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. nigrofuscus
|
Binomiale naam | |
Acanthurus nigrofuscus (Forsskål, 1775)
|
Die Bruindoktervis (Acanthurus nigrofuscus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by Koffiebaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Brown surgeon.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die lyf is reghoekig en die kop en lyf is bruin. Daar is partykeer blougrys horisontale strepe op die lyf, 'n swart kol agter, by die einde van die dorsale vin en soms ook een agter, by die einde van die anale vin. Daar is klein oranje kolletjies op die kop en bors gedeelte. Die vis word tot 20 cm groot.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 2 –25 m diep is en die onvolwasse visse leef in getypoele. Hulle kom meestal in groepe voor en is die volopste van die doktervisse in Suid-Afrika.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7