Bumdeling-natuurlewereservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Bumdeling-natuurlewereservaat
Land Vlag van Bhoetan Bhoetan
Distrikte Lhuntse
Mongar
Trashiyangtse
Rivier Kulong Chu
Hoogste punt 6 000 m
Laagste punt 1 500 m
Diere Swartnekkraanvoël
Datum 1998
Beskermingstatus
Status Ramsar-vleiland
Amptelike naam Bumdeling
Datum aangewys 5 Julie 2012
Verwysingsnommer 2032
Die swartnekkraanvoël.

Die Bumdeling-natuurlewereservaat (ook Bumdelling gespel), wat die voormalige Kulong Chu-natuurlewereservaat bevat, is ’n beskermde gebied in Bhoetan. Dit beslaan ’n gebied van 1 520,61 km2 in Noordoos-Bhoetan en sluit die grootste deel van die Trashiyangtse-distrik in. Die reservaat is in 1995 beplan en in 1998 gevestig. Dit bevat uiteenlopende diere, plante en tonele, insluitende mere en die Bumdelingvallei. Die reservaat sluit ook verskeie kulturele en godsdienstige terreine in. Sowat 3 000 huishoudings woon in die park.[1][2]

BirdLife International het die reservaat as ’n belangrike voëlgebied aangewys omdat dit die swartnekkraanvoël bevat (dit is een van die land se oorwintergebiede), asook bossnippe en gryskoplangstertjies.[3] Dit is op Bhoetan se lys van tentatiewe Unesco-insluitings as wêrelderfenisgebied.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Parks of Bhutan". Bhutan Trust Fund for Environmental Conservation online. Bhutan-trustfonds. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011-07-02. Besoek op 2011-03-26. 
  2. "Bomdeling Wildlife Sanctuary". Himalaya 2000 aanlyn. Bhutan Travel Guide. Besoek op 2011-04-02. 
  3. "Bumdelling Wildlife Sanctuary". BirdLife data zone: Important Bird Areas. BirdLife International. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-07-10. Besoek op 2012-12-08. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 27°47′50″N 91°26′16″O / 27.79722°N 91.43778°O / 27.79722; 91.43778