Bosdoringklipels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Canthium inerme)
Jump to navigation Jump to search

Bosdoringklipels
5 - small Canthium inerme tree - Cape Town.jpg
'n Bosdoringklipels in Kaapstad.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
C. inerme
Binomiale naam
Canthium inerme
(L.f.) Kuntze
Sinonieme

Canthium ventosum [1]

Die Bosdoringklipels of Bokdrol (Canthium inerme) is 'n algemene, klein tot middelgroot boom wat voorkom vanaf Kaapstad tot in die Lebomboberge van Mpumalanga en Eswatini. Die boom groei in kusstruikbos en woude.

In woude waar die noodsaak bestaan om opwaarts te groei om die sonlig te bereik, kan hierdie boom tot 14 m hoog word, maar dit is gewoonlik tussen 3 en 7 m. Dit kan verskeie stamme hê. 'n Jong stam is glad en liggrys van kleur, later kan dit growwer en donkerder word. Die takke vorm teenoorgestelde pare wat regte hoeke met mekaar maak. Die takke dra dikwels stewige dorings wat 7 –8 cm lank kan word. Die blare is glansend, liggroen en haarloos, hulle het 'n sagte, leeragtige tekstuur. Die blare is dof aan die onderkant. Hulle is teenoorgesteld geplaas en het 'n elliptiese vorm en is 2,5-10,0 x 1-4,5 cm groot. Dit kry roomkleurige tot geelgroen blommetjies in digte okselstandige trosse tot 3 cm in deursnee.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PvanWyk
  2. PlantZAfica.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]