Lemoentjiedoring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Cassinopsis ilicifolia)
Jump to navigation Jump to search

Lemoentjiedoring
Cassinopsis ilicifolia, blomme, Jan Celliers Park.jpg
Cassinopsis ilicifolia, vrug, Manie van der Schijff BT, a.jpg
Blomme en vrug in Pretoria
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. ilicifolia
Binomiale naam
Cassinopsis ilicifolia
(Hochst.) Sleumer

Die Lemoentjiedoring (Cassinopsis ilicifolia) is 'n immergroen klouterplant of 'n klein boompie wat tot 5 meter hoog en 5 meter breed kan word. Dit is 'n plant wat inheems is aan Suid-Afrika en Zimbabwe.[1] Dit kom in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Die blare is glansend en teenoorstaande met getande rande. Die blommetjies is klein en daar is af en toe dorings. Die vruggies is sag en oranje wanneer ryp. Dit kan droogte en ryp weerstaan en kan in skadu of volson groei. Wildsbokke vreet die blare terwyl die vrugte deur voëls benut word.

Die vrugte is nie vir mense lekker nie, maar die sade van die vrugte is tradisioneel deur die Zoeloes as ornamente gedra. Hulle het ook die lemoentjiedoring se bas gebruik om 'n medisyne vir disenterie te maak.[3]

Lemoentjiedoring wat welig groei naby 'n fontein in KwaZulu-Natal
Lemoentjiedoring in struikbos

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]