Castillo de Bellver (skip)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Spaanse olietenkskip Castillo de Bellver het op 5 Augustus 1983 met 'n vrag van 252 000 ton ruolie aan boord voor die weskus van Suid-Afrika aan die brand geslaan. Dit het een van die wêreld se grootste oliebesoedelingsrampe tot gevolg gehad.

Op 6 Augustus dryf die skip weg, breek in twee en die agterste gedeelte slaan om op ongeveer 40 km van Saldanhabaai. Die sleepboot John Ross sleep die boeggedeelte verder weg en blaas dit op. 'n Reusagtige olielaag op die see dryf aanvanklik in die rigting van die land. 'n Buiten-normale suidoosterwind waai die oliekol weg van die kus in die noordwes-vloeiende Benguela-stroom. Hierdie fratswind voorkom 'n reuse ekologiese en besoedelingsramp.

Ten spyte van die groot hoeveelheid olie wat gestort is, bly die omgewingsinvloed beperk. 'n Beperkte hoeveelheid oplosmiddel is op die kol gespuit. In die etmaal na die voorval het “swart reën” (bestaande uit fyn oliedruppels) oor die graanlande en weiding aan die Weskus uitgesak. Ongeveer 1 500 seevoëls is besmet deur die olie.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • Turner, Malcolm: Shipwrecks and salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988. ISBN 0-86977-387-9
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.