Catherine Courtney

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Catherine Courtney
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Catherine Courtney in 1883

Geboortenaam Catherine Potter
Gebore (1847-04-04)4 April 1847
Herefordshire, Engeland
Oorlede 26 Februarie 1929 (op 81)
Chelsea, Londen, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Ouers Lawrencina (née Heyworth) en Richard Potter
Titel Barones Courtney van Penwith
Beroep Sosiale aktivis

Catherine "Kate" Courtney, Barones Courtney van Penwith (née Potter; * 4 April 1847; † 26 Februarie 1929), was 'n Britse sosiale werker en internasionalis. Sy was reeds in haar vroeë lewe aktief by weldadigheidsorganisasies betrokke en het later saam met haar man en Kwaker-geloofsgenoot Leonard Courtney politieke veldtogte teen die Tweede Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog gevoer. Dit was haar doelwit om die publiek se aandag op die nood van mense in die vyandstate te vestig en is gedurende beide oorloë openlik daarvan beskuldig dat sy té simpatiek teenoor die vyand was.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]