Rotsspringers
Rockjumpers | |
---|---|
'n Kaapse berglyster. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Chaetopidae
|
Genus: | Chaetops Swainson, 1832
|
Species | |
C. frenatus |
Rotsspringers (Chaetopidae) is 'n monotipiese familie van voëls in die orde van sangvoëls (Passeriformes). Hulle is middelgroot insekvretende of omnivoriese voëls wat aan 'n enkele genus, Chaetops behoort. Die genus omvat twee spesies wat beide endemies aan Suid-Afrika is. Die Kaapse berglyster kom in die Wes-Kaap en die suidwestelike dele van die Oos-Kaap voor. Die oranjeborsberglyster kom verspreid in die hooglande van Lesotho en omliggende gebiede voor.
Taksonomie
[wysig | wysig bron]Oorspronklik is die voëls onder ander families, soos die lysters (Turdidea), Sylviidae of die Timaliidae ingedeel. Molekulêre genetiese navorsing toon egter dat hulle 'n vroeë aftakking van die klade Passerida is,[1] net soos die Picathartidae, 'n familie waartoe hul moontlik self behoort.[2]
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name