Chimanimanibroodboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Chimanimanibroodboom
Encephalartos chimanimaniensis furnas 2015.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. chimanimaniensis
Binomiale naam
Encephalartos chimanimaniensis

Die Chimanimanibroodboom (Encephalartos chimanimaniensis) is 'n broodboomspesie wat in die ooste van Zimbabwe voorkom. Dit is 'n bedreigde spesie wat plaaslik deur versamelaars uitgeroei is.[2]

Status[wysig | wysig bron]

Volgens 'n assessering in 2003 was daar tussen 500 and 1000 plante in die natuur oor, maar Capela (in 2006) het die bevolking geraam op 1200 volwasse plante te Makurupini, en 'n verdere 300 te Morambo, benewens enkele ander in geïsoleerde plekke.[2]

Habitat[wysig | wysig bron]

Dit word aangetref in berggrasveld in hoëreënvalgebiede (meer as 1 800 mm per jaar), op 'n hoogte van sowat 1 000 meter bo seevlak. Dit word geassosieer met skis- en kwartsietsedimente in granietberge.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. op die Rooilys
  2. 2,0 2,1 2,2 Encephalartos chimanimaniensis, IUCN Rooilys, J.D. Bösenberg, 2010