Clavelin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

'n Clavelin is 'n kort vet 62 centiliter wynbottel wat tradisioneel vir die Vin Jaune wyn van die Jura département in die Franche-Comté streek, Frankryk, gebruik word. Die ongewone grootte van 62 centiliter (620 ml) kom ooreen met die hoeveelheid wyn wat van 'n oorspronklike liter wyn oorbly na die 6 jaar en drie maande wat die wyn in eikehout vaatjies verouder word. In die in 18de eeu het 'n familie van Château-Chalon die glassmakers van Vieille-Loyen gevra om 'n spesiale bottel vir Vin Jaune te maak. In 1914 bestel die Abdy Clavelin van Nevy-sur-Seille dertig bottels as deel van sy glasbestelling wat die oorsprong van die woord Clavelin verklaar [1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Jura Découverte lavelin Besoek op 4 Maart 2007