Diewekruid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Clematis brachiata)
Jump to navigation Jump to search
Diewekruid
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(klade): Angiosperms
(klade): Eudicots
Orde: Ranunculales
Familie: Ranunculaceae
Subfamilie: Ranunculoideae
Tribus: Anemonae
Genus: Clematis
Spesie: C. brachiata
Binomiale naam
Clematis brachiata
Thunb.
Sinonieme
  • Clematis thunbergii Steud.
  • ensomeer[1]

Die diewekruid[2] (Clematis brachiata) is 'n plant wat inheems is aan Suid-Afrika, Namibië, eSwatini, Lesotho en Botswana. Dit kom in alle provinsies behalwe Noord-Kaap voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[3]

Dit is 'n bladwisselende kruip- of klimplant wat tot 5 m hoog kan klim. In die somer en herfs is dit bedek met talle klein, welriekende, roomwit blomme met 'n geel hart wat die indruk van sneeu skep.

Die plant word dikwels vir sy medisinale eienskappe gebruik. Die blare word in skoene of onder saals gebruik om verwondings teen te werk. Die blare word ook as tee gebruik teen verkoue.[4]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Plant List.
  2. klimop, lemoenbloeisel, sinkingswortel
  3. SANBI-rooilys.
  4. PlantZAfrica.