Cliff Saunders

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Clifford Gervase Saunders (* 1939 – † 1979) was 'n Suid-Afrikaanse TV- joernalis en propagandis van die destydse Nasionale Party-regering. Hy is op 22 Oktober 1939 in Pretoria gebore. Na skool het hy 'n B.A.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en by die SAUK begin werk. Hy was op 26 die jongste nuusredakteur. Hy was vir 33 jaar werksaam by die SAUK.

Sy ouers is Dudely en Raaitjie. Hy was getroud met Ria en hulle het ses kinders gehad, waarvan een hom ontval het. Hy sterf aan hartversaking op 6 Mei 1979 in sy huis in Northcliff.

Bron[wysig | wysig bron]

  • 'n NP-propagandis? Cliff Saunders is nie spyt nie. Rapport Weekliks 12 Mei 2019.