Conophytum ficiforme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Conophytum ficiforme
Conophytum ficiforme in Robertson Karoo habitat - dried in dormancy 1.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. ficiforme
Binomiale naam
Conophytum ficiforme
(Haw.) N.E.Br.
Sinonieme

Daar is talle sinonieme [1]

Conophytum ficiforme (Haw.) N.E.Br. is 'n knopie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor en op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.[1]

Dit kom op die Malmesburyskalie tussen kwartsklippies voor maar dit word ook in die Karoo van Worcester aangetref. Hier groei hulle in die skaduwee van wat verpleegsterplante genoem word en vorm groot klompe. Die verpleegsterplant behoed die saailinge vir die felle son. Die plant lyk op 'n balletjie of 'n vyg, maar dit kan kan ook 'n gleuf hê wat die lyf in twee blare verdeel. Dit is gewoonlik grysgroen van kleur maar dit hang af van die hoeveelheid reën wat dit ontvang het. In droë tyde kan dit rooi or pers lyk. Die lyfies is 20 mm lank en 15 mm breed. In die herfs kry dit geurige blommetjie wat pienk, wit of liggeel van kleur kan wees. Die vrug is 'n kapsule wat baie klein saadjies bevat.[2]

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Adromischus leucophyllus 01.jpgVan hierdie endemiese spesie ontbreek die Afrikaanse naam. Help ons asseblief om dit te vind.