Cranachan
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Cranachan (Skots-Gaeliese uitspraak: [ˈkʰɾan̪ˠəxan]) is 'n tradisionele Skotse nagereg wat van inheemse bestanddele berei word - crowdie ('n Skotse variant van maaskaas wat - as dit nie beskikbaar is nie - deur dubbeldikroom, slagroom of mascarpone vervang kan word), romerig geklitste slagroom, geroosterde hawermout, framboospuree, heide-heuning en Skotse whisky. Vir die beste resultaat word die hawermout in whisky ingeweek en daarna in 'n braaipan bruin gerooster totdat dit 'n neutagtige geur het.[1] Cranachan word tradisioneel ter geleentheid van Burnsnag op 25 Januarie bedien wanneer Skotte die verjaarsdag van hul nasionale digter Robert Burns vier.
In sommige resepte word die whisky deur witwyn vervang. Indien die nagereg vir kinders berei word, kan die whisky deur vrugtesap vervang word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Timothy G. Roufs and Kathleen Smyth Roufs: Sweet Treats around the World. An Encyclopedia of Food and Culture. Santa Barbara, California | Denver, Colorado | Oxford, England: ABC-CLIO 2014, bl. 291
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Resepte
- The Guardian, 12 September 2010: Nigel Slater's classic cranachan recipe
- The Guardian, 13 Augustus 2015: How to make the perfect cranachan
- BBC Good Food: Cranachan recipe
- BBC Food recipes - Scottish cranachan
- Der magische Kessel - Traditionell schottisch, sahnig, fruchtig & nur für Erwachsene: Cranachan
- Media
- YouTube.com: KeefCooks - How to Make Cranachan
- YouTube.com: Whisky Cranachan Dessert
- YouTube.com: Traditional Scottish Cranachan Recipe
- Agtergrondinligting