Motwortel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Cymbopogon marginatus)
Jump to navigation Jump to search

Motwortel
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Subtribus:
Genus:
Cymbopogon

Spesie:
Cymbopogon marginatus

(Steud.) Stapf ex Burtt Davy

Motwortel (Cymbopogon marginatus (Steud.) Stapf ex Burtt Davy[2] syn. Andropogon marginatus Steud., Andropogon nardus L. var. marginatus Hack.), ook in Afrikaans: akkewani (in Javaans verwys akar wangi na Chrysopogon zizanioides) of buffelsrooigras is 'n grasspesie wat in Suid-Afrika voorkom, maar nie hier endemies is nie. Die naam koperdraadgras word ook gebruik, maar dit word ook aan ander grasse gegee, soos C. excavatus ,Elionurus muticus of Stiburus alopecuroides. Dit behoort tot die sitroengras-genus en sy aromatiese wortel word soms gebruik om te verhoed dat motte die wol van kleding opvreet.[3] In Vendaland word die rook van brandende motwortel ingeasem by koppyne.[4]

Dié spesie word op die Suid-Afrikaanse Rooi Lys aangegee as van minste kommer (LC),[5] en is ook nie vir verdere evaluasie uitgekies nie. In Suid-Afrika word die plant in die Wes- en die Oos-Kaap gevind.

Die spesie is 'n belangrike onderdeel van die renosterveldplantegroei[6] en een van die drie belangrikste voedselbronne van die Kaapse bergkwaggas van die Nasionale Bontebokpark.[7]

Die plant vorm polle met regop stele wat 20–70 cm lank kan wees en aromatiese blare wat 2–5 cm breed en 15-35 lank kan word.[8]

Koos Prinsloo[wysig | wysig bron]

In die raamvertelling "Die Jonkmanskas" van Koos Prinsloo speel dit 'n rol:[9]

Cquote1.svg "Hierdie jonkmanskas ruik na motwortel" sê Koos. Dan klim hy in die kas en trek die deure dig agter hom toe.
Cquote2.svg

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Sprengel, Curt (Kurt, Curtius) Polycarp Joachim 1815. Plantarum Minus Cognitarum Pugillus 2: 14
  2. "Plant list". 
  3. Dictionary of the Common Names of Plants with List of Foreign Plants Cultivated in the Open, Flora of South Africa Rudolf Marloth, Specialty Press of South Africa, 1917
  4. Uses and Abuses of Plant-Derived Smoke: Its Ethnobotany as Hallucinogen, Perfume, Incense, and Medicine, Marcello Pennacchio, Lara Jefferson, Kayri Havens, Oxford University Press, USA, 2010, ISBN 0-19-537001-5, ISBN 978-0-19-537001-0
  5. "SANBI red list". 
  6. "Wat is renosterveld Odette Curtis overbergrenosterveld.org" (PDF). 
  7. "Cape mountain zebra (Equus zebra zebra) habitat use and diet in the Bontebok National Park, South Africa, Taniia Strauss proefschrift 2015" (PDF). 
  8. "Kew". 
  9. Aantekeninge by Koos Prinsloo Gerrit Olivier, AFRICAN SUN MeDIA, 2008, ISBN 1-919985-31-X, ISBN 978-1-919985-31-2 bls. 22

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]