Daihatsu Sirion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Daihatsu Sirion is 'n motorvoertuig wat sedert 1998 deur die Japanse maatskappy Daihatsu vervaardig is. Die "Sirion"-naam is vir uitvoermodelle van die Daihatsu Storia (1998–2004) en die Daihatsu Boon (2004–2010) gebruik. Sedert 2011 is die naam ook in Indonesië vir die tweede-generasie Maleisië-geboude Perodua Myvi (2011–huidig) gebruik.