Daniël Lötter
Voorkoms
Daniël Lötter | |
---|---|
Gebore | 1973 |
Daniël Lötter (* 1973, Fraserburg, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse skrywer en dosent. Hy matrikuleer in 1991 aan Hoërskool Outeniqua in George. Hierna studeer hy in die teologie, kommunikasiekunde en onderwys. Hy was ’n aantal jare in die uitsaaiwese, plaaslik en in Europa (Brittanje, Nederland en Denemarke), werksaam. Hy is sedert 2016 verbonde aan ’n TVET-kollege in die Kaapse Wynlande as programbestuurder van Vaardigheidsontwikkelingsprogramme. Hy is ook deeltyds betrokke by die Bôrdienghuisteater op Wellington en die Langenhoven-gedenkfonds.
Publikasies
[wysig | wysig bron]- Die grootpad is 'n grondpad — 'n Koffiekuier by Karoomense. Protea Boekhuis. 2020
- 17 maal moord - 'n Grieselrige reis. Protea Boekhuis. 2020
- Ware spookverhale van Suid-Afrika. Protea Boekhuis. 2021. ISBN: 9781485313007
- 14 maal moord. Protea Boekhuis. 2021
- Dwars – rare karakters onder ons. Protea Boekhuis. 2022[2]
- Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes. Protea Boekhuis. 2022. ISBN: 9781485314233[3]
- Blou bloed. Koninklike spore in Suid-Afrika. Protea Boekhuis. 2024. ISBN: 9781485315421[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.litnet.co.za/author/daniel-lotter/ Skrywer se profiel op Litnet. Besoek op 8 Augustus 2024
- ↑ Van der Spuy, Carla (10 Julie 2022). "Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: 'n resensie". Litnet. Besoek op 8 Augustus 2024.
- ↑ Koen, Dewald (27 Desember 2022). "Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes deur Daniël Lötter: 'n resensie". Litnet. Besoek op 8 Augustus 2024.
- ↑ Van der Spuy, Carla (9 Mei 2024). "Blou bloed. Koninklike spore in Suid-Afrika deur Daniël Lötter: 'n resensie". Litnet. Besoek op 8 Augustus 2024.