Dark (TV-reeks)
Dark | |
Louis Hofmann is een van die akteurs wat die rol van Jonas Kahnwald vertolk. | |
Genre |
|
---|---|
Geskep deur |
|
Geskryf deur |
|
Geregisseer deur | Baran bo Odar |
Met | Sien teks |
Temamusiekkomponis | Apparat |
Openingstema | "Goodbye" deur Apparat (met Soap&Skin)[3] |
Oorsprong | Duitsland |
Taal | Engels, Duitse vingertaal (oorgeklank uit Duits) |
Aantal seisoene | 3 |
Aantal episodes | 26 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Kinematografie | Nikolaus Summerer[4] |
Produksiemaatskappy | Wiedemann & Berg Television |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Netflix |
Oorspronklike lopie | 1 Desember 2017 | – 27 Junie 2020
Dark is 'n Duitse wetenskapsfiksierillerreeks vir televisie wat geskep is deur Baran bo Odar en Jantje Friese.[4][5] Daar was drie seisoene, van 2017 tot 2020. Die storie gaan oor die disfunksionele karakters van die fiktiewe dorp Winden in Duitsland wat na antwoorde soek nadat 'n kind verdwyn het. Dit volg die verbintenisse tussen vier vervreemde gesinne en stel 'n sinistere tydreissameswering bloot wat oor verskeie geslagte strek. Die reeks verken die eksistensiële implikasie van tyd en die uitwerking daarvan op die menslike aard en lewe. Die hoofrol word vertolk deur onder andere Louis Hofmann.
Dark se eerste stroming was op 1 Desember 2017 op Netflix; dit is die stromingdiens se eerste Duitse oorspronklike reeks. Die tweede seisoen het op 21 Junie 2019 begin,[6] en die derde seisoen op 27 Junie 2020.[7]
Dark het goeie resensies gekry vir sy toneelspel, regie, skryfwerk, beelde, temas, musiek en die strewe en kompleksiteit van die verhaal. Baie mense het die komplekse vertellingstruktuur geprys, want dit het van kykers vereis om groot aandag te skenk om die ingewikkelde verband tussen die karakters en tydlyne te verstaan. Die reeks se regisseur, Baran bo Odar, is geprys vir die groot sorg wat hy aan detail geskenk het, die toon en die spanningsgevulde atmosfeer, wat alles tot die reeks se sukses bygedra het.
Die reeks het verskeie pryse en benoemings ingepalm. In 2021 het die BBC dit gelys as sy 58ste beste televisiereeks van die 21ste eeu.[8] Dit het 'n groot internasionale aanhang gekry, veral nadat dit in verskeie tale oorgekank of van subtitels voorsien is. Dit was een van Netflix se suksesvolste nie-Engelse oorspronklike reekse.
Oorsig
[wysig | wysig bron]Kinders begin uit die Duitse dorp Winden verdwyn[9] en bring die gebroke verhoudings, dubbele lewens en donker verledes van vier gesinne wat daar woon aan die lig. Dit ontbloot ook 'n geheim wat oor vier geslagte strek.
Die eerste seisoen begin in 2019, maar dit brei later uit om 1986 en 1953 via tydreise in te sluit toe lede van die reeks se sleutelgesinne bewus word van 'n wurmgat in die grotstelsel onder die plaaslike kernaanleg. In die eerste seisoen word geheime onthul oor die gesinne Kahnwald, Nielsen, Doppler en Tiedemann, en hulle lewe begin ineenstort namate hulle bande ontbloot word. Die sameswering behels die vermiste kinders en die geskiedenis van die dorp en sy inwoners.
Die tweede seisoen sit die betrokke gesinne se pogings voort om met hulle vermiste geliefdes herenig te raak, onderskeidelik in 2020, 1987 en 1954. Bykomende storielyne speel af in 2053 en 1921. Die tweede seisoen stel Sic Mundus Creatus Est bekend; dit is 'n groot faksie in die voortdurende geveg vir die eindelike lot van die mense van Winden en die wêreld.
Die derde seisoen volg die vier gesinne oor tyd net voor die apokalips van 2020. Dit stel 'n parallelle heelal bekend wat aan die eerste een verbind is. Die derde seisoen sit die storielyne van 1954, 1987, 2020 en 2053 in die eerste wêreld voort, terwyl dit ook 'n nuwe 1888-storielyn en 2019 en 2052 by die tweede wêreld voeg. Die seisoen wys ook die hoofgebeure tussen al dié jare.
Akteurs en karakters
[wysig | wysig bron]Die eerste seisoen speel hoofsaaklik in 2019 af, maar later ook in 1986, 1953 en – in die finale toneel – 2052. Verskeie karakters verskyn op verskillende ouderdomme en word deur verskillende akteurs vertolk.
Die tweede seisoen vind verskeie maande ná die eerste een plaas. Die aanvanklike stories speel af in 2020, 1987 en 1954, terwyl die storielyn in die toekoms na 2053 uitgebrei word. 'n Vyfde storielyn, wat in 1921 afspeel, word ook bygevoeg.
Die derde seisoen stel 'n storielyn bekend wat in 1888 gebaseer is en 'n parallelle realiteit met alternatiewe weergawes van baie hoofkarakters.
Hoofkarakters
[wysig | wysig bron]Karakter | Lewen- stadium |
Beskrying | Akteur | Seisoen | ||
---|---|---|---|---|---|---|
1 | 2 | 3 | ||||
Kahnwald, JonasJonas Kahnwald | Kind | 'n Jong seun | Gerzabek, JonasJonas Gerzabek | Gas | ||
Tiener | 'n Hoërskoolleerling wat sukkel om sy pa se selfmoord te verwerk. Martha se liefdesbelangstelling. | Hofmann, LouisLouis Hofmann | Hoof | |||
Volwassene | 'n Tydreisiger, bekend as "the Stranger" | Pietschmann, AndreasAndreas Pietschmann | Hoof | |||
Bejaarde | Leier van Sic Mundus, bekend as "Adam" | Hollinderbäumer, DietrichDietrich Hollinderbäumer | Hoof | |||
Kahnwald, HannahHannah Kahnwald | Tiener | Hannah Krüger, dogter van Sebastian Krüger; 'n jong meisie vol geheime | Ella Lee | Hoof | Gas | |
Volwassene | Jonas se ma en Michael se vrou, 'n masseerterapeut; Silja Tiedemann se ma | Schöne, MajaMaja Schöne | Hoof | |||
Kahnwald, InesInes Kahnwald | Tiener | 'n Jong meisie, 'n vriendin van Jana en Claudia | Urzendowsky, LenaLena Urzendowsky | Herhalend | Gas | |
Volwassene | Michael se aanneemma, 'n verpleegster | Ratte-Polle, AnneAnne Ratte-Polle | Hoof | Gas | ||
Bejaarde | Jonas se vervreemde ouma | Winkler, AngelaAngela Winkler | Hoof | |||
Kahnwald, DanielDaniel Kahnwald | Volwassene | Ines se pa; Winden se polisiehoof | Panzner, FlorianFlorian Panzner | Hoof | Gas | |
Nielsen, MarthaMartha Nielsen | Kind | 'n Jong meisie | Krüger, Luna ArwenLuna Arwen Krüger | Gas | ||
Tiener | Ulrich en Katharina se middelste kind, Bartosz se meisie en Jonas se liefdesbelangstelling | Vicari, LisaLisa Vicari | Hoof | |||
Volwassene | Oorlewende van die apokalips in 'n alternatiewe realiteit, lid van Erit Lux, bekend as "female stranger" | Kronjäger, NinaNina Kronjäger | Hoof | |||
Bejaarde | Die leier van Erit Lux, bekend as "Eva" | Nüsse, BarbaraBarbara Nüsse | Hoof | |||
Nielsen, MagnusMagnus Nielsen | Tiener | Ulrich en Katharina se oudste Kind, Franziska se kêrel | Jahn, MoritzMoritz Jahn | Hoof | ||
Volwassene | Lid van Sic Mundus | Koch, WolframWolfram Koch | Herhalend | Hoof | ||
Nielsen, MikkelMikkel Nielsen | Kind | Ulrich en Katharina se jongste kind, wat in 2019 vermis raak en in 1986 verskyn | Liebrenz, Daan LennardDaan Lennard Liebrenz | Hoof | ||
Volwassene | Hannah se man en Jonas se pa, wat Michael Kahnwald genoem word; 'n kunstenaar wat selfmoord pleeg | Rudolph, SebastianSebastian Rudolph | Hoof | Gas | ||
Nielsen, UlrichUlrich Nielsen | Tiener | 'n Hoërskoolleerling wat sukkel nadat sy broer vermis geraak het | Bökelmann, LudgerLudger Bökelmann | Hoof | Gas | |
Volwassene | Katharina se man; Magnus, Martha en Mikkel se pa; 'n polisieman | Masucci, OliverOliver Masucci | Hoof | |||
Bejaarde | Pasiënt in 'n psigiatriese saal, bekend as "The Inspector" | Glatzeder, WinfriedWinfried Glatzeder | Hoof | Herhalend | ||
Nielsen, KatharinaKatharina Nielsen | Tiener | Ulrich se meisie, 'n hoërskoolleerling | Trebs, NeleNele Trebs | Hoof | Gas | Herhalend |
Volwassene | Ulrich se vrou; Magnus, Martha en Mikkel se ma; 'n skoolhoof | Triebel, JördisJördis Triebel | Hoof | |||
Nielsen, TronteTronte Nielsen | Tiener | Agnes en The Unknown se seun;[10] 'n nuwe aankomeling in Winden | Marlon, JoshioJoshio Marlon | Herhalend | Gas | |
Volwassene | Jana se man; Ulrich en Mads se pa; 'n joernalis | Kramer, FelixFelix Kramer | Hoof | Gas | ||
Bejaarde | Jana se man; Ulrich se pa; Magnus, Martha en Mikkel se oupa | Kreye, WalterWalter Kreye | Hoof | Gas | Herhalend | |
Nielsen, JanaJana Nielsen | Tiener | 'n Vriendin van Ines en Claudia | Sindler, RikeRike Sindler | Herhalend | Gas | |
Volwassene | Tronte se vrou; Ulrich en Mads se ma | Lebinsky, AnneAnne Lebinsky | Hoof | Gas | ||
Bejaarde | Tronte se vrou; Ulrich se ma; Magnus, Martha en Mikkel se ouma | Seibt, TatjaTatja Seibt | Hoof | Gas | ||
Albers, HeleneHelene Albers | Kind | 'n Jong, verwagtende meisie | Aumann, MariellaMariella Aumann | Gas | ||
Volwassene | Katharina se mishandelende ma; 'n psigiatriese verpleegster | Spiering, KatharinaKatharina Spiering | Gas | Hoof | ||
Nielsen, AgnesAgnes Nielsen | Kind | Bartosz en Silja se dogter; Noah se jonger suster | Pieske, HelenaHelena Pieske | Gas | ||
Volwassene | Tronte se ma, nuut in Winden | Traue, AntjeAntje Traue | Hoof | Herhalend | ||
Doppler, FranziskaFranziska Doppler | Tiener | Peter en Charlotte se dogter; Elisabeth se ouer suster; Magnus Nielsen se liefdesbelangstelling | Stiebitz, Gina AliceGina Alice Stiebitz | Hoof | ||
Volwassene | Lid van Sic Mundus | Wiese, CarinaCarina Wiese | Hoof | |||
Doppler, ElisabethElisabeth Doppler | Kind | Peter se Charlotte se dowe dogter; Franziska se jonger suster | von Falkenhayn, CarlottaCarlotta von Falkenhayn | Hoof | ||
Volwassene | Charlotte se ma; leier van die oorlewendes van Winden se apokalips | Borgmann, SandraSandra Borgmann | Hoof | |||
Doppler, PeterPeter Doppler | Tiener | Helge se seun wat na Winden gereis het ná sy ma se dood | Pablo Striebeck | Gas | ||
Volwassene | Charlotte se man; Franziska en Elisabeth se pa; Jonas se sielkundige | Kampwirth, StephanStephan Kampwirth | Hoof | |||
Doppler, CharlotteCharlotte Doppler | Tiener | 'n Weeskind wat deur haar voog, H.G. Tannhaus, grootgemaak word | Amarell, StephanieStephanie Amarell | Hoof | Gas | |
Volwassene | Peter se vrou; Franziska en Elisabeth se ma; Winden se polisiehoof | Eichhorn, KarolineKaroline Eichhorn | Hoof | |||
Doppler, HelgeHelge Doppler | Kind | Bernd en Greta se seun | Philipp, TomTom Philipp | Hoof | Herhalend | |
Volwassene | Peter se vader; 'n wag by die kragaanleg | Schneider, PeterPeter Schneider | Hoof | Herhalend | Gas | |
Bejaarde | Pasiënt in 'n verpleegtehuis | Beyer, HermannHermann Beyer | Hoof | Hoof | ||
Doppler, BerndBernd Doppler | Volwassene | Greta se man; Helge se pa; stigter van die kragaanleg | Taubman, AnatoleAnatole Taubman | Hoof | Gas | |
Bejaarde | Helge se pa; voormalige direkteur van die kragaanleg | Mendl, MichaelMichael Mendl | Herhalend | Gas | ||
Doppler, GretaGreta Doppler | Volwassene | Bernd se vrou; Helge se ma | Cordelia Wege | Hoof | Herhalend | Gas |
Tannhaus, H.G.H.G. Tannhaus | Volwassene | 'n Horlosiemaker | Klawitter, ArndArnd Klawitter | Hoof | Gas | Herhalend |
Bejaarde | Charlotte se voog, 'n horlosiemaker, dosent in teoretiese fisika en die skrywer van 'n Reis deur Tyd | Steyer, ChristianChristian Steyer | Hoof | Gas | Hoof | |
Tiedemann, BartoszBartosz Tiedemann | Tiener | Regina en Aleksander se seun, Jonas se beste vriend en Martha se kêrel | Lux, PaulPaul Lux | Hoof | ||
Volwassene | Silja se man, Noah en Agnes se pa; lid van Sic Mundus | Knižka, RomanRoman Knižka | Gas | Herhalend | ||
Tiedemann, ReginaRegina Tiedemann | Tiener | Claudia en Bernd se dogter | Lydia Maria Makrides | Hoof | Gas | |
Volwassene | Aleksander se vrou, Bartosz se ma, 'n hotelbestuurder | Kaufmann, DeborahDeborah Kaufmann | Hoof | |||
Tiedemann, AleksanderAleksander Tiedemann (Boris Niewald, later Aleksander Köhler) | Tiener | 'n Jong man van Gießen, gebore as Boris Niewald; hy neem die identiteit aan van 'n slagoffer (Aleksander Köhler) van 'n misdaad waarby hy betrokke was | Lenz, Béla GaborBéla Gabor Lenz | Gas | ||
Volwassene | Regina se man, Bartosz se pa, direkteur van die kragaanleg | Benedict, PeterPeter Benedict | Hoof | |||
Tiedemann, ClaudiaClaudia Tiedemann | Kind | Egon en Doris se dogter, Helge se privaat onderwyser, 'n vriendin van Ines en Jana | Gwendolyn, GöbelGöbel Gwendolyn | Hoof | Gas | |
Volwassene | Regina se ma, direkteur van die kragaanleg | Jenkins, JulikaJulika Jenkins | Hoof | |||
Bejaarde | Jonas en Noah se mentor; 'n tydreisiger | Kreuzer, LisaLisa Kreuzer | Herhalend | Hoof | Herhalend | |
Tiedemann, EgonEgon Tiedemann | Volwassene | Doris se man; Claudia en Silja se pa, 'n polisieman | Hülk, SebastianSebastian Hülk | Hoof | Herhalend | |
Bejaarde | Claudia en Silja se pa, 'n hoofinspekteur van polisie naby sy aftrede | Pätzold, ChristianChristian Pätzold | Hoof | Herhalend | ||
Tiedemann, DorisDoris Tiedemann | Volwassene | Claudia se ma en Egon se vrou | Heyer, LuiseLuise Heyer | Hoof | Gas | |
Noah (Hanno Tauber) | Kind | Bartosz en Silja se seun | Patz, TillTill Patz | Gas | ||
Tiener | Bartosz se seun. Agnes se ouer broer, 'n volgeling van Sic Mundus | Schimmelpfennig, MaxMax Schimmelpfennig | Hoof | |||
Volwassene | Charlotte se biologiese pa; 'n priester en lid van Sic Mundus | Waschke, MarkMark Waschke | Hoof | |||
Tiedemann, SiljaSilja Tiedemann | Kind | Hannah en Egon se dogter, Jonas en Claudia se halfsuster | Dervisi, AuroraAurora Dervisi | Gas | ||
Tiener | Elisabeth se tolk, bekend as "girl from the future" | van Acken, LeaLea van Acken | Gas | Hoof | ||
Volwassene | Noah en Agnes se ma, Bartosz se vrou | Pernthaler, LissyLissy Pernthaler | Gas | |||
The Unknown | Kind | Jonas en Martha se seun; lid van Erit Lux, vermoedelik die oorsprong van die ontwrigtings in tyd. Die drie Unknowns werk saam om te verseker die apokalips gebeur in beide Adam en Eva se wêrelde. | Heinrich, ClaudeClaude Heinrich | Hoof | ||
Volwassene | Diehl, JakobJakob Diehl | Hoof | ||||
Bejaarde | Diehl, HansHans Diehl | Hoof | ||||
W. Clausen | Volwassene | 'n Polisie-inspekteur wat na Winden kom om die vermiste persone van 2019 te ondersoek. Broer van die regte Aleksander Köhler, wie se identiteit Boris Niewald, nou Aleksander Tiedemann, aangeneem het. | Groth, SylvesterSylvester Groth | Hoof |
Episodes
[wysig | wysig bron]Seisoen | Episodes | Uitgereik | |
---|---|---|---|
1 | 10 | 1 Desember 2017 | |
2 | 8 | 21 Junie 2019 | |
3 | 8 | 27 Junie 2020 |
Seisoen 1
[wysig | wysig bron]Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
1 | "Secrets" ("Geheimnisse") | Baran bo Odar | Jantje Friese | 1 Desember 2017 |
In Junie 2019 pleeg die 43-jarige Michael Kahnwald selfmoord. Sy ma, Ines, steek sy selfmoordbrief weg voor iemand dit sien. Op 4 November, ná behandeling van byna twee maande in 'n inrigting, keer Michael se tienerjarige seun terug skool toe en raak herenig met sy beste vriend, Bartosz Tiedemann, wat onlangs begin uitgaan het met Martha Nielsen, op wie Jonas 'n ogie het. Erik Obendorf, die plaaslike dwelmhandelaar, word al twee weke vermis en die polisieman Ulrich Nielsen – die pa van Martha en haar twee broers, die tiener Magnus en voortiener Mikkel – ondersoek die saak, wat nie vorder nie. Intussen verkul Ulrich sy vrou, Katharina, die skoolhoof, met Hannah, Jonas se ma. Terwyl hulle soek na Erik se weggesteekte dwelms in 'n grot naby die dorp se kernaanleg, wat binnekort gesluit word, skrik Jonas, Bartosz, die drie Nielsen-kinders en Magnus se meisie, Franziska, vir vreemde geluide en hulle flikkerende flitsligte, en Mikkel verdwyn terwyl hulle van die grot af vlug. Die volgende dag word die liggaam van 'n jong seun ontdek, maar dit is nie Mikkel s'n nie. Op 'n onbekende plek maak 'n vermomde figuur Erik aan 'n stoel vas en klamp 'n meganisme om sy kop.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
2 | "Lies" ("Lügen") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Ronny Schalk | 1 Desember 2017 |
Mikkel se verdwyning laat Ulrich terugdink aan toe sy jonger broer, Mads, verdwyn het. Hy begin glo die verdwyning van Erik en Mikkel en die liggaam van die derde kind hou verband met mekaar. Terwyl hy die grotte deursoek, kom hy af op 'n geslote deur wat na die nabygeleë kernkragaanleg lei. Hoewel Ulrich se versoek om in die kernkragaanleg in te gaan deur die direkteur, Aleksander Tiedemann, Bartosz se pa, afgekeur word, kry hy dit reg om Erik Obendorf se pa, 'n drywer by die aanleg, van sy lys verdagtes te verwyder. Die polisiehoof, Charlotte Doppler, hoor die dooie seun, wat klere uit die 1980's aanhet, is net 16 uur tevore dood en dat sy ore vernietig is deur uiterse druk. Later, terwyl ligte begin flikker en dooie voëls uit die lug val, raak Charlotte nog meer bekommerd. Intussen kom 'n slordige man by die hotel aan wat deur Bartosz se ma, Regina, besit word en hy boek in. Ulrich se ma, Jana, jok vir Ulrich en sê haar man, Tronte, was by haar die aand toe Mads verdwyn het, terwyl sy weet hy het die huis verlaat. Met dagbreek word 'n deurmekaar Mikkel in die grot wakker en hardloop huis toe. Op die voorstoep lê egter 'n koerant van die datum 5 November 1986.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
3 | "Past and Present" ("Gestern und Heute") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 1 Desember 2017 |
In 1986, vier weke ná die verdwyning van Mads Nielsen, word 'n desperate Mikkel gevind deur die polisiehoof Egon Tiedemann, wat vermoed hy is deur die tiener Ulrich geslaan. Ines, toe 'n verpleegster, neem Mikkel na die hospitaal en wen sy vertroue. By die kernkragaanleg bots die nuut verkose direkteur, Claudia Tiedemann, Egon se dogter en Regina se ma, met haar voorganger, Bernd Doppler, wat haar inlig oor geheime vate wat in die nabygeleë grotte versteek is. Bernd se seun, Helge, gee vir Claudia 'n boek: Eine Reise durch die Zeit ("'n Reis deur tyd") deur H.G. Tannhaus. Intussen, terwyl die dorp se krag flikker, ondersoek die tiener Charlotte die dood van talle voëls, die skaam jong Hannah het onbeantwoorde gevoelens vir Ulrich en Regina word geboelie en beseer haarself. 'n Trop skape word dood aangetref van hartstilstand en met gebarste oortromme. Mikkel ontsnap uit die hospitaal en keer terrug na die grotte; nadat hy sy been gebreek het, roep hy om hulp. In 'n onbekende lokaal speel 'n man wat deur horlosies omring is, met 'n kopermasjien.
In 2019 hoor Ulrich, wat ook na die grot teruggekeer het, Mikkel se dowwe geroep, maar hulle kan mekaar nie sien nie.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
4 | "Double Lives" ("Doppelleben") | Baran bo Odar | Martin Behnke, Jantje Friese | 1 Desember 2017 |
In 2019 kom Jonas in die gesin se garage af op kaarte en aantekeninge oor die grotte, terwyl Charlotte probeer om 'n verband te vind tussen die verdwene seuns en die dooie voëls wat – nes die dooie seun – gebarste oortromme het. Die voëls toon ook soortgelyke simptome as voëls wat ná die Tsjernobil-kernramp gekry is, en Charlotte vermoed daar is 'n verband met die Winden-gebeure van 1986. Intussen is haar huwelik met Peter aan die verbrokkel nadat sy ontdek het hy het seks met 'n transgender sekswerker met die naam Bernadette. Sy vind ook bewyse dat Peter die aand van Mikkel se verdwyning rondgery het, hoewel hy daaroor gejok het. Hulle oudste dogter, Franziska, sê vir Magnus Nielsen sy wil Winden verlaat weens haar ouers se gebroke huwelik. Daar word gevrees Franziska se dowe jonger suster, Elisabeth, het verdwyn nadat sy nie van die skool af teruggekom het nie, maar sy kom eindelik ure later by die huis aan en sê sy het 'n geheimsinnige man – Noah – ontmoet wat vir haar 'n horlosie gegee het wat blykbaar eens aan Charlotte behoort het. Intussen word Peter se pa, Helge, wat aan demensie ly, gekry waar hy in die woud rondloop. Hy beweer hy "moet Noah keer". Die volgende dag nader 'n man met 'n hoodie Elisabeth se vriend, Yasin, en sê vir hom Noah het hom gestuur.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
5 | "Truths" ("Wahrheiten") | Baran bo Odar | Martin Behnke, Jantje Friese | 1 Desember 2017 |
In 1986 word Mikkel in die hospitaal deur 'n priester besoek: Noah. Nadat Hannah van Ulrich en Katharina se affair uitgevind het, vertel sy vir Egon sy het gesien hoe Ulrich Katharina verkrag, en Ulrich word in hegtenis geneem.
In 2019 het Yasin nou ook verdwyn, en die paniek versprei. Charlotte beskuldig Peter daarvan dat hy by die seuns se verdwyning betrokke is. Hannah wil haar affair met Ulrich hervat, maar hy weier. By die hotel vertel The Stranger vir Regina om 'n pakkie by Jonas te laat aflewer terwyl hy vir 'n paar dae weggaan. By Michael se graf nader The Stranger Jonas en sê vir hom Jonas se pa het eenkeer sy lewe gered. Bartosz ontmoet Erik Obendorf se dwelmverskaffer, wat Noah blyk te wees. Later ontvang Jonas The Stranger se pakkie: Dit bevat 'n lig, 'n Geigerteller en Michael se selfmoordnota. In die brief verduidelik Jonas se pa dat hy op 4 November 2019 terug na 1986 gereis het. Daar het hy gebly en is deur Ines grootgemaak. Hy is eindelik met Hannah getroud en het Jonas se pa geword. So het Mikkel Nielsen dan Michael Kahnwald geword.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik} |
---|---|---|---|---|
6 | "Sic Mundus Creatus Est" (Afr.: 'So Is die Wêreld Geskep') | Baran bo Odar | Jantje Friese, Ronny Schalk | 1 Desember 2017 |
In 2019 sukkel Mikkel se gesin om nie teen mekaar te draai nie. Regina ontdek sy het borskanker en Ulrich vind uit sy pa het 'n verhouding met Claudia gehad in die tyd toe Mads verdwyn het. Nadat Ulrich uitgevind het Regina was die laaste mens wat Mads in 1986 gesien het, konfronteer hy haar. Hoewel sy erken sy hou dit teen hom dat hy haar in hulle kindertyd geboelie het, laat sy hom besef dit was Hannah wat hom valslik van verkragting laat aankla het. Toe Ulrich die doodshuis besoek, besef hy eindelik die dooie seun is Mads, wat nie ouer geword het sedert 33 jaar gelede nie. Intussen vertel Jonas nie vir sy ma van sy pa se selfmoordbrief nie, maar gaan die grotte binne met sy pa se aantekeninge en die toerusting uit The Stranger se pakkie. In die grotte kom hy af op 'n deur met 'n Latynse frase op: Sic mundus creatus est ("So is die wêreld geskep"). Hy gaan daardeur.
In 1986, nadat hy na die ander kant oorgegaan het, sien Jonas pamflette wat opgeplak is oor die vermiste Mads Nielsen. 'n Trok ry verby en hou stil; binne-in is die 14-jarige Hannah en haar pa, Sebastian. Hulle bied hom 'n rygeleentheid aan en waarsku hom oor besmette reënwater van die onlangse Tsjernobil-kernramp.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
7 | "Crossroads" ("Kreuzwege") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 1 Desember 2017 |
In 1986 word Helge, wat by die aanleg gewerk het die nag toe Mads verdwyn het, deur Egon ondervra oor waar hy oral was. The Stranger verduidelik aan Jonas Mikkel is inderdaad sy pa. Hy waarsku hom as hy Mikkel terugneem huis toe in 2019, sal dit beteken hy (Jonas) word nooit gebore nie. Katharina probeer onsuksesvol om Egon te oortuig dat Ulrich haar nooit verkrag het nie. Helge en Noah maak gereed om Yasin se dooie liggaam van 'n bunker agter Helge se hut te skuif.
In 2019 word die polisie eindelik toegelaat om in die kragaanleg in te gaan en in die grotte kom Charlotte af op 'n deur wat toegesweis is. Ulrich vind Egon se notas uit 1986 waarin Helge 'n verdagte is, en besoek hom by die verpleegtehuis. Die bang Helge beweer hy kan die verlede en die toekoms verander. Ulrich word van sy werk geskors en Katharina konfronteer hom oor sy affair. Charlotte ontdek die grotstelsel loop onderdeur 'n ou hut wat aan Helge behoort. Sy kry 'n stemboodskap van Ulrich waarin hy sê Helge is die ontvoerder. Die vraag is egter nie hoe hy dit doen nie, maar wanneer. Laat dié nag verlaat Helge die verpleegtehuis. Ulruch volg hom met 'n boek uit Helge se kamer: Eine Reise durch die Zeit deur H.G. Tannhaus.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
8 | "What you sow, you will reap" ("Was man sät, das wird man ernten") | Baran bo Odar | Martin Behnke, Jantje Friese | 1 Desember 2017 |
In 1953 begin voëls doodgaan en die ongeïdentifiseerde liggame van Erik en Yasin word ontdek. Die polisiehoof, Daniel Kahnwald (Ines se pa), en konstabel Egon Tiedemann is verbaas oor die seuns se vreemde kleredrag. Ulrich kom uit 2019 daar aan en ontmoet verskeie inwoners, insluitende die nuweling Agnes Nielsen en haar seun, Tronte, wat op die punt is om 'n kamer in die Tiedemanns se huis te huur, en 'n horlosiemaker met die naam H.G. Tannhaus, wat sê hy weet van die boek wat in 2019 in Helge se kamer gekry is. By die jong Ines en Jana hoor Ulrich van die twee liggame, en toe hy die negejarige Helge ontmoet, dink hy as hy hom vermoor, sal hy die lewe van die twee seuns red. Hy slaan Helge met 'n klip en laat hom vir dood in die bunker agter. Later kry Tannhaus Ulrich se slimfoon.
In 1986 ontmoet The Stranger 'n bejaarde Tannhaus, wat vir hom vertel van sy teorie oor tydreise deur wurmgate. The Stranger bevestig sy teorie en sê so 'n wurmgat, wat mense toelaat om met tussenposes van 33 jaar tussen die verlede en toekoms te reis, bestaan in Winden. Hy vra Tannhaus om 'n gebreekte kopertoestel van hom reg te maak sodat hy die wurmgat kan vernietig. Tannhaus haal later die oorspronklike weergawe van die toestel uit en bestudeer hulle saam.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
9 | "Everything Is Now" ("Alles Ist Jetzt") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 1 Desember 2017 |
In 1986 word die tiener Ulrich vrygelaat sonder dat hy aangekla is, en Hannah ontdek in die geheim 'n nuwe aankomeling op die dorp, wat homself Aleksander Köhler noem, het 'n vals identiteit. Toe Bernd erken die weggesteekte vate bevat byprodukte van 'n klein smelting, huur Claudia Aleksander in die geheim om die deur na die vate toe te sweis. In 'n argument met Helge (waarin onthul word die ontvoerde seuns is dood in 'n poging deur Noah om 'n tydmasjien te skep) sê Noah sy sending is om die mensdom te bevry, en hy vergelyk homself met die Bybelse Noag.
In 2019 pers Hannah Aleksander af om Ulrich se lewe te verwoes. Sy jok vir Katharina en sê Ulrich wou sy gesin verlaat. Regina ontdek The Stranger se navorsing en Jonas maak uit met Martha. Bartosz word deur 'n bejaarde Claudia genader, wat veronderstel is om sy oorlede ouma te wees. Later ontmoet Bartosz vir Noah en stem in om by hom aan te sluit.
In 1953 word Helge as vermis aangegee. Noah – wat net so oud lyk as in 1986 en 2019 – bied priestershulp aan Helge se ma, Greta, aan. Ulrich word gearresteer en erken hy het Helge geslaan in 'n poging om hom te vermoor. Die Claudia van 2019 kom Tannhaus se winkel binne met planne vir 'n kopermasjien en vra hom om dit vir haar te bou.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
10 | "Alpha and Omega" ("Alpha und Omega") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Ronny Schalk | 1 Desember 2017 |
Die aand van Mikkel se verdwyning besoek Peter Helge se hut toe Mads se liggaam skielik verskyn. Hy roep Tronte na die hut en Claudia kom daar aan. Sy vertel vir hom om die lyk te skuif.
In 1986 sterf die bejaarde Helge terwyl hy sy jonger self probeer keer om hom dood te ry. Jonas het ook na 1986 teruggekeer om Mikkel na 2019 terug te bring, maar Noah en Helge ontvoer hom. Jonas word in die bunker wakker. The Stranger is ook daar en onthul hy is die volwasse Jonas. The Stranger gaan weg om die wurmgat met die kopermasjien te vernietig wat Tannhaus voltooi het met behulp van die gebreekte weergawe. Claudia begin Tannhaus se boek lees.
In 2019 ontdek Charlotte 'n artikel uit 1953 oor Helge se ontvoering, insluitende 'n foto van Ulrich. Noah vertel vir Bartosz Claudia is hulle belangrikste teenstander, en dat die volwasse Jonas onwetend op die punt is om die wurmgat te skep.
In 1953 herwin die kind Helge sy bewussyn toe die wurmgat verskyn en hom aan Jonas in 1986 verbind. Toe hulle na mekaar uitreik, word Helge na 1986 geneem en Jonas word wakker in 'n Winden ná die apokalips in 2052.[11] Hy word deur 'n bende aangeval en deur 'n gewapende vrou katswink geslaan.
Seisoen 2
[wysig | wysig bron]Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
1 | "Beginnings and Endings" ("Anfänge und Enden") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Daphne Ferraro | 21 Junie 2019 |
In 1921 bou 'n jong Noah en nog 'n man die gang wat die toegangspoort sal word. Noah vermoor die ander man omdat hy vermoed hy het "sy geloof verloor". Die jonger Noah word gelei deur sy ouer self, 'n lid van die gemeenskap van tydreisigers bekend as Sic Mundus, wat 'n geheimsinnige Adam met 'n verminkte gesig as hoof het. Adam sê die volwasse Noah aan om Claudia se dagboek te kry in voorbereiding op 'n "apokalips" wat op 27 Junie 2020 sal plaasvind.
Op 21 Junie 2020, ses dae voor die apokalips, loop die spanning hoog in Winden. 'n Speurder, Clausen, kom op die dorp aan om die polisie te help om die verdwynings te ondersoek, wat nou Helge, Jonas en Ulrich insluit. Katharina deursoek die grotte vir antwoorde. Martha maak uit met Bartosz, wat nou saam met Noah werk. Die volwasse Jonas van die toekoms onthul sy identiteit aan Hannah. Aleksander laat 'n trok met radioaktiewe afval na die kragaanleg vervoer.
In 2053 is die tiener Jonas vasgekeer in die Winden ná die apokalips. Hy word gemonitor deur 'n nou volwasse Elisabeth, wat die apokalips oorleef het en 'n groep oorlewendes lei. Sy verbied toegang tot die kragaanleg. Iemand wat dit veronagsaam, word doodgemaak. Jonas gaan tog die dooie sone binne en ontdek 'n groot, swewende en vormlose swart bobbel.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
2 | "Dark Matter" ("Dunkle Materie") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Ronny Schalk | 21 Junie 2019 |
In 1987 sukkel Mikkel om aan te pas by 'n lewe saam met Ines. Ou Claudia besoek haar jonger self en gee vir haar die koördinate van 'n tydmasjien wat in haar agterwerf begrawe is. Egon het afgetree en begin twyfel aan sy aksies rakende die dooie kinders se liggame in 1953. Hy voer 'n onderhoud met Helge (wat vir hom vertel van 'n Wit Duiwel) en besoek 'n bejaarde Ulrich in die sielkundige inrigting waar hy al 34 jaar lank aangehou word.
In 2020 voer Clausen en Charlotte 'n onderhoud met Regina, wat stadig aan die sterf is weens kanker. Sy vertel van The Stranger wat sy besittings in haar hotel gelos het; dit sluit bladsye in van Tannhaus se boek. Die nuwe bewyse laat Charlotte, wat deur Tannhaus grootgemaak is, wonder oor haar oorsprong. Die volwasse Jonas lig Hannah in oor tydreise en neem haar na 1987, waar hulle Mikkel in Ines se huis sien.
In 2053 vind Jonas deur middel van opnames deur Claudia uit van die "Godsdeeltjie", die bobbel in die reaktor wat as 'n poort vir tydreise gebruik kan word. Elisabeth betrap hom waar hy brandstof vir die poort steel. Sy begin hom in die openbaar hang, meer bedink haar dan en sluit hom eerder toe. Elisabeth se tolk, Silja, bevry Jonas uit nuuskierigheid. Hulle gaan die dooie sone binne en kry toegang tot die Godsdeeltjie. Jonas gaan in en los Silja agter.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
3 | "Ghosts" ("Gespenster") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 21 Junie 2019 |
In 1954 keer 'n jong, misvormde Helge terug, maar weier om met enigiemand te praat buiten Noah, saam met wie hy die laaste sewe maande in 1987 deurbring om 'n nuwe tydmasjien te bou. Doris verkul haar man, Egon, met Agnes. Die bejaarde Claudia ontmoet later vir Agnes, 'n voormalige lid van Sic Mundus. Agnes vertel vir Noah, haar broer, waar die vermiste bladsye is. Claudia gee Tannhaus se boek vir hom en vra dan haar pa se jonger self verskoning, tot sy verwarring. Claudia loop Noah in die woud raak en hy vermoor haar. Noah kry die vermiste bladsye terug en is ontsteld deur wat hy vind. Hy jok vir Adam oor die bladsye. Egon voer 'n onsuksesvolle onderhoud met Helge en besoek 'n katatoniese Ulrich in die tronk.
In 1987 besoek Egon die ouer Ulrich in die inrigting. Ulrich vertel vir Egon sy identiteit, wat Egon herinner aan bewerings wat Mikkel gemaak het toe hy in 1986 die eerste keer verskyn het. Nadat hy met Ines gepraat het, wys Egon die ouer Ulrich 'n foto van Mikkel. Ulrich val Egon aan en word in bedwang gebring. Egon besoek Claudia by die werk om vir haar te sê hy het kanker, en dan gebruik sy die tydmasjien wat sy gekry het om na 2020 te reis; sy huil toe sy 'n sterwende Regina in haar huis sien.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
4 | "The Travelers" ("Die Reisenden") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Martin Behnke | 21 Junie 2019 |
'n Beseerde Jonas bevind hom in 1921 in Winden, waar die inwoners hom verpleeg. Hy probeer dan deur die poort na 2020 terugkeer, maar kan nie omdat die poort toe nog nie gebou is nie. Noah vergesel hom om Adam te ontmoet en dié onthul hy is die bejaarde Jonas.
In 2020 ontmoet die volwasse Jonas en Hannah vir Charlotte en Peter by die bunker en hulle bespreek die bestaan van tydreise, wat hulle ook aan 'n skeptiese Katharina onthul. Die 1987-weergawe van Claudia besoek Winden se openbare biblioteek, waar sy 'n berig oor Egon se dood ontdek; sy reis dan terug na 1987. Clausen ondervra Aleksander, wat sy oorspronklike van – Köhler – onthul van voordat hy met Regina getroud is. Martha, Magnus, Franziska en Elisabeth besoek die grot, waar hulle Bartosz kry wat die tydmasjien dra. Die kinders vat die tydmasjien en los 'n vasgebinde Bartosz in die grot. Katharina deursoek die skoolargief vir die klasfoto van 1987 en identifiseer Mikkel, en dit bevestig Jonas se bewerings.
In 2053 loop Silja die kragaanleg binne, waar 'n volwasse Elisabeth haar met 'n wapen dreig. Hulle het 'n warm gesprek waarin Elisabeth erken sy weet van die Godsdeeltjie.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
5 | "Lost and Found" ("Vom Suchen und Finden") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Ronny Schalk | 21 Junie 2019 |
In 1921 praat Adam met Jonas, wat onthuts is oor die gevoellose persoon wat hy gaan word. Adam wys vir Jonas 'n Godsdeeltjie wat hom na enige tyd sal vat waarheen hy wil gaan. Jonas besluit om te gaan na die dag voordat Michael selfmoord gepleeg het om hom te oorreed om dit nie te doen nie.
In 1987 nooi Claudia vir Egon om by haar in te trek in die hoop dat sy sy komende dood kan verhoed. Ulrich ontsnap uit die psigiatriese saal om Mikkel by die Kahnwalds se huis te besoek. Ná 'n gesprek besef Mikkel die ou man is eintlik sy pa. Ulrich probeer Mikkel na die grot neem, maar die polisie vang hom.
In 2020 probeer Katharina aan Magnus en Martha verduidelik wat sy ontdek het, maar hulle veroordeel haar oor haar afgetrokke gedrag. Katharina besoek dan vir Hannah om hulp te vra met tydreise. Die volwasse Jonas gaan na die Dopplers se huis om Charlotte te help. Sy sê Tannhaus is nie haar regte oupa nie en dat sy nie weet wie haar ouers is nie. Magnus, Martha, Franziska en Elisabeth keer terug na die grot, waar Bartosz die tydmasjien verduidelik voordat hy hulle na 1987 neem. Noah besoek Charlotte by Tannhaus se werkwinkel en onthul dat sy sy dogter is.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
6 | "An Endless Cycle" ("Ein unendlicher Kreis") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Martin Behnke | 21 Junie 2019 |
Jonas reis terug na 20 Junie 2019 om Michael te keer om selfmoord te pleeg. Jonas se 2019-weergawe gaan strand toe saam met Martha, Bartosz en Magnus; Mikkel het onwetend 'n amperontmoeting met sy volwasse self; Charlotte en Peter sukkel ná Peter se affair; Aleksander vrees sy verlede sal hom inhaal. Nadat hy gesien het hoe sy 2019-self die meer verlaat, soen die 2020-Jonas vir Martha. Die 2019-Jonas en Hannah kom by die Nielsens se huis aan op Ulrich en Katharina se huweliksherdenking, waar Jonas en Martha seks het en Ulrich sy affair met Hannah begin. Die 2020-Jonas raak versoen met sy pa terwyl hy hom probeer oortuig om nie selfmoord te pleeg nie. Michael sê egter hy oorweeg nie selfmoord nie en onthul dat Jonas die een was wat Mikkel in die eerste plek in die poort ingelei het. Nadat hy sy selfmoordbrief gelees het, sê Michael Jonas is eintlik daar om vir Michael te sê wat hy moet doen. Die bejaarde Claudia kom by die huis aan en oorreed hulle dat Michael moet sterf en dat Mikkel na die verlede moet reis sodat Jonas verwek kan word.
In 1921 bespreek twee lede van Sic Mundus – ouer weergawes van Magnus en Franziska – hulle bekommernisse met Adam.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
7 | "The White Devil" ("Der weiße Teufel") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 21 Junie 2019 |
In 1954 vertel die lykskouer vir Egon dat Claudia, wat doodgeskiet aangetref is, aan ongewoon hoë vlakke bestraling blootgestel was. Hulle teoretiseer dat sy Helge ontvoer het, maar Helge sê "hy" het haar van Claudia, die Wit Duiwel, vertel. Hannah reis na 1954 en vra om Ulrich in die inrigting te sien. Ulrich belowe hy sal van Katharina skei vir haar as sy hom help, maar sy glo hom nie en loop kil weg.
In 1987 probeer Claudia die dood van haar pa voorkom. Egon lei af sy weet van die tydreise en gebruik die grotte op 'n selfsugtige manier vir haar eie gewin. Hulle baklei om besit van die telefoon, en hy val en stamp sy kop. Terwyl hy sterf, vertel Egon vir Claudia sy is die Wit Duiwel. Die 2020-Jonas kom daar aan en sê vir Claudia hulle kan dalk nog die gebeure verander.
In 2020 ontmoet Martha die volwasse Jonas. Clausen konfronteer Aleksander oor sy agtergrond en sê vir hom sy eie broer het in 1986 verdwyn en dat sy naam Aleksander Köhler was. Clausen wys hom 'n anonieme nota wat lui die antwoorde vir sy broer se verdwyning kan in Winden gevind word. Aleksander sê niks.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
8 | "Endings and Beginnings" ("Enden und Anfänge") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Daphne Ferraro | 21 Junie 2019 |
In 1921 probeer Noah om Adam te vermoor omdat hy vir hom gejok het, maar sy wapen weier. Adam sê hy kan nie vermoor word nie, want "dit is nie sy lot nie". Hy verduidelik dan dat Elisabeth die jong Noah se vrou en dus Charlotte se ma sal word. Daarna verskyn Agnes en vermoor Noah.
In 2020 vertel die jong Jonas vir Claudia dat haar ouer self hom geleer het om die wêreld te red, terwyl Adam dit wil vernietig. Charlotte vind uit van die radioaktiewe afval wat in die kragaanleg begrawe is; sy glo Clausen sal die apokalips ontlont. Peter, Elisabeth, die 1987-Claudia, Regina en die tiener-Noah kruip in die bunker weg. Die jong Jonas en Martha herenig, maar word deur Adam onderbreek. Hy skiet Martha. In die kragaanleg maak Clausen die tromme oop wat rotse bevat wat met donker materie besmet is.
In 2053 aktiveer Elisabeth die masjien, op dieselfde tyd dat Magnus en Franziska dit in 1921 doen. Katharina gaan in die grot in en maak die hek oop, maar open 'n poort wat Elisabeth met Charlotte in 2020 verbind. Terwyl Winden platgevee word deur die apokalips, neem die volwasse Jonas vir Bartosz, Magnus en Franziska na 'n onbekende tyd, terwyl die jong Jonas 'n ander weergawe van Martha ontmoet wat sê sy is nie van 'n ander tyd nie, maar van 'n ander wêreld.
Seisoen 3
[wysig | wysig bron]Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
1 | "Deja-vu" | Baran bo Odar | Jantje Friese | 27 Junie 2020 |
In 1987 brand die "Unknown" – 'n tydreisiger wat terselfdertyd as sy kind, volwassene en bejaarde verskyn – die Sic Mundus-kerk af. Later vermoor hulle Bernd Doppler in sy huis en steel die sleutels van die kernaanleg.
Te midde van die apokalips in 2020 reis Jonas en die "ander" Martha na 'n parallelle wêreld waar Jonas nooit gebore is nie; Martha verduidelik dit is die dag waarop sy hom ontmoet het, en verdwyn dan. Teen November 2019 in dié alternatiewe dimensie skei Katharina en Ulrich; Hannah trou met Ulrich en verwag sy kind, maar Ulrich het 'n affair met Charlotte; Franziska is doof in plaas van Elisabeth; en Regina is dood. Jonas ontmoet later 'n bejaarde Martha, wat vir hom sê hoewel hy nie in dié wêreld bestaan nie, sal dit nogtans keer op keer uitmekaarval.
Martha van die alternatiewe dimensie reis terug na 21 September 1888 om die volwasse Jonas te ontmoet. Hy het die afgelope maande 'n toestel gebou om die Godsdeeltjie te aktiveer. Martha sê vir hom sy het gekom om die oorsprong van gebeure in elk van hulle wêrelde te vind.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
2 | "The Survivors" ("Die Überlebenden") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 27 Junie 2020 |
In 1888 vind Franziska, Magnus, Bartosz en die volwasse Jonas uit van die tweede wêreld van die ander Martha. Die bejaarde Gustav Tannhaus (H.G. Tannhaus se oupa) belowe Jonas hy kan 'n paradys skep. Bartosz wys vir Martha 'n geheime hut waar Gustav se pa, Heinrich, 'n tydmasjien probeer bou het. Martha onthul aan Bartosz dat Jonas Adam is.
In 1987 besoek die volwasse Katharina Ulrich in die psigiatriese saal en belowe om hom te bevry. Tronte se huwelik met Jana is spanningsvol ná Mads se verdwyning en Tronte se affair met Claudia. Tronte besoek Regina, wat hy glo sy kind is, en besluit om op te hou om Claudia se verdwyning te ondersoek. Die Unknown breek by die kragaanleg in en vermoor Claudia se sekretaresse.
In September 2020, drie maande ná die apokalips, besoek 'n bejaarde Tronte 'n siek Regina en versmoor haar teensinnig. Peter en Elisabeth vind uit 'n muur sal om Winden gebou word. Hulle kom 'n tiener-Noah teen wat belowe om Elisabeth te beskerm.
In 2019 van die alternatiewe dimensie wys die bejaarde Martha vir Jonas die volle Winden-stamboom. Sy sê vir hom die apokalips sal in haar wêreld binne net drie dae gebeur.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
3 | "Adam and Eva" ("Adam und Eva") | Baran bo Odar | Jantje Friese | 27 Junie 2020 |
In 1888 vermoor die Unknown Gustav Tannhaus. Bartosz sit vas met Jonas en is kwaad omdat hy nie gesê het hy is Adam nie. Jonas vertel vir Martha van Heinrich se poging om die tydmasjien te bou en sy vrou se dood te voorkom. Martha gee vir Jonas donker materie vir sy Godsdeeltjiemasjien, en hy probeer vergeefs om dit te aktiveer. Martha gebruik die afleiding om na 2053 te reis, waar onthul word dat sy opdragte van Adam uitvoer.
In die alternatiewe 2019 vertel die bejaarde Martha vir Jonas dat sy "Eva" is – Adam se eweknie in dié wêreld – en dat haar verbintenis met Jonas die twee wêreld saambind in 'n onskeibare "knoop". Eva beweer sy wil albei wêrelde red, maar Adam wil hulle vernietig. As Jonas wil hê Martha moet lewe, moet hy die Martha van Eva se wêreld lei om Eva self te word. Later word gewys die Unknown werk vir Eva en gee aan haar die sleutels van die kragaanleg se beheerstelsel. Op 'n ander plek in Eva se wêreld vertel Ulrich vir die polisie van 'n ongeïdentifiseerde kinderlyk met Mads Nielsen se ID-kaart. Helge bely aan die polisie dat hy Mads vermoor het. Hannah vind uit van Ulrich se affair en pers Aleksander af om Charlotte se lewe te ruïneer. Jonas neem 'n jong alternatiewe Martha deur die wurmgat in die grot. Die twee verskyn in 'n toekomstige woestynlandskap en word deur 'n volwasse Martha genader.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
4 | "The Origin" ("Der Ursprung") | Baran bo Odar | Jantje Friese | 27 Junie 2020 |
In 1954 ontmoet die jong Tronte die Unknown, wat impliseer hy is Tronte se pa. Egon het 'n affair met Hannah; sy raak swanger en vertel vir Egon, wat haar geld gee vir 'n aborsie. Terwyl sy wag om die aborsie te ondergaan, ontmoet sy 'n jong Helene Albers, Katharina se toekomstige ma. Hannah verander van plan en loop weg. Jana begin op Tronte verlief raak, terwyl Tronte sy maagdelikheid met Claudia verloor. Doris vind van die Unknown uit dat Egon 'n affair het; sy besluit om van hom te skei. Die Unknown oorreed Winden se burgemeester om die kragaanleg goed te keur.
In 2052 in Eva se wêreld ná die apokalips vertel die volwasse Martha vir Jonas en die jong Martha hulle kan die apokalips voorkom as hulle die oopmaak van die vate in die kragaanleg kan voorkom. Nadat hulle weg is, verskyn die Noah van Eva se wêreld en merk op die linie van die Winden-gesinstamboom is 'n oneindige sirkel. Martha en Jonas keer terug na 2019 en het passievolle seks.
Adam het die basis van Sic Mundus se operasie na 2053 geskuif. Agnes sê sy ken die ware oorsprong van die siklus. Adam onthul aan Martha dat sy swanger is en dat haar kind by Jonas – die Unknown – die oorsprong van die stamboom is.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
5 | "Life and Death" ("Leben und Tod") | Baran bo Odar | Jantje Friese | 27 Junie 2020 |
In 1987 probeer Katharina om Helene, wat by die psigiatriese saal werk, te beroof om haar sleutelkaart te kry. Helene slaan Katharina met 'n klip dood en gooi haar liggaam in die meer. H.G. Tannhaus onthul aan die tiener-Charlotte dat twee geheimsinnige vroue haar aan hom gegee het kort nadat sy seun, skoondogter en kleindogter in 'n motorongeluk dood is.
In 2020 hou Peter aan om na Charlotte en Franziska te soek, al glo Elisabeth hulle is dood. Terug by hulle woonwa kom hulle 'n inbreker teen wat Peter vermoor voordat Elisabeth hom vermoor. Sy gaan na die grot en word deur Noah getroos. Intussen ontmoet Claudia haar dubbelganger uit Eva se wêreld, wat haar die opdrag gee om albei wêrelde te red.
In 2019 in Eva se wêreld lei Jonas vir Martha na die kragaanleg om die apokalips te voorkom. Nadat sy haar gesig op dieselfde manier beseer as die Martha wat Jonas na haar wêreld gebring het, besef hy hulle herhaal bloot die siklus van gebeure in haar wêreld. Hy en Martha gaan konfronteer Eva. Sy sê Jonas het sy doel gedien. Daarna verskyn 'n ander tiener-Martha en skiet Jonas dood.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
6 | "Light and Shadow" ("Licht und Schatten") | Baran bo Odar | Jantje Friese, Marc O. Seng | 27 Junie 2020 |
In 2020 gaan Claudia en Jonas (wat blykbaar nog lewe) na die verlate kragaanleg en vind die Godsdeeltjie in 'n dormante toestand. Claudia oorreed Jonas om haar te help om dit te herstel.
In 2052 in Eva se wêreld verduidelik Eva aan die jong Martha, wat pas vir Jonas vermoor het, dat Martha se dood in Adam se wêreld die punt is waarby die twee parallelle werklikhede oorvleuel in kwantumverstrengeling: in een scenario red die alternatiewe Martha vir Jonas van die apokalips; in die ander oorleef Jonas op sy eie en word eindelik Adam.
Die jong Martha van Eva se wêreld reis na die dag van die apokalips. Sy kan Aleksander nie in die hande kry nie, en sy en Bartosz haas hulle na die kragaanleg, maar word voorgekeer deur die volwasse Magnus en Franziska van Adam se wêreld, wat Martha op haar sending stuur om Jonas te red. Bartosz loop sy eie volwasse self raak. Dié is deur Eva gestuur saam met ander volgelinge van Erit Lux ("Laat Daar Lig Wees", haar wêreld se weergawe van Sic Mundus). Die Unknown reis na 1986 in albei wêrelde om radioaktiewe afval by die kragaanleg vry te stel; dit veroorsaak eindelik die wurmgat en die apokalips. Aleksander en Charlotte maak die vate in die kragaanleg oop en veroorsaak die apokalips in Eva se wêreld.
In 2053 in Adam se wêreld probeer Adam die oorsprong vernietig deur die Godsdeeltjie te aktiveer ten tyde van albei apokalipse en hulle energie op Martha vry te stel – wat haar en die kind vir altyd sal doodmaak.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
7 | "In Between Time" ("Zwischen der Zeit") | Baran bo Odar | Jantje Friese | 27 Junie 2020 |
In een scenario van die 2020-apokalips red die Martha van Eva se wêreld Jonas; in die ander word sy gekeer deur Bartosz van Eva se wêreld. Hy neem Martha terug na Eva, wat haar opdrag gee om Jonas dood te maak wanneer hy met die ander Martha opdaag.
In 1890 ontmoet Bartosz vir Silja, wat deur Adam van 2053 af gestuur is. Hulle het twee kinders: Hanno (Noah) en Agnes (met wie se geboorte Silja sterf). In 1911 kom Hannah en haar dogter Silja by Jonas bly wat in Adam begin verander het. Jonas vermoor vir Hannah en stuur Silja na die Winden ná die apokalips.
Jonas en Claudia werk vergeefs deur 2041 om die Godsdeeltjie te reaktiveer. Teen dié tyd is Charlotte vir Noah en Elisabeth gebore. Die volwasse Elisabeth en die Charlotte van 2053 reis na 2041, ontvoer die baba-Charlotte en gee haar vir Tannhaus. Noah se soeke na sy dogter lei tot sy inisiasie in Sic Mundus in 1920 deur Adam. Claudia vermoor haar eweknie van Eva se wêreld en begin aan Eva voordoen dit is sy. Sy samel heeltyd inligting oor albei wêrelde in. In 2052 stuur die bejaarde Claudia die volwasse Jonas op sy 2019-sending na Winden.
In 2053 wis Adam se poging om die oorsprong te vernietig nie sy bestaan uit nie, en dit verstom hom. 'n Bejaarde Claudia ontmoet hom dan en sy vertel vir hom sy weet hoe die twee wêreld verbind is.
Episode | Titel | Regisseur | Skrywer | Uitgereik |
---|---|---|---|---|
8 | "Paradise" ("Das Paradies") | Baran bo Odar | Jantje Friese | 27 Junie 2020 |
Claudia, wat die apokalips se kwantumverstrengeling gebruik het om in 2053 uit te kom, verduidelik aan Adam hoe hy en Eva vasgevang is in 'n onlosmaaklike knoop wat buite albei se wêrelde ontstaan het. Claudia wys vir Adam hoe om die oorsprong te voorkom in 'n derde, oorspronklike wêreld, waar H.G. Tannhaus 'n tydmasjien ontwerp het om die dood van sy gesin te voorkom. Hy het onopsetlik sy wêreld vernietig en dit verdeel in die wêrelde van Adam en Eva.
Met die gebruik van kwantumverstrengeling keer Adam terug na die apokalips en neem die jong Jonas na Eva se wêreld. Hy spoor hom aan om Martha te gaan haal en die oorsprong te voorkom. Adam konfronteer daarna vir Eva en weier, tot haar skok, om haar te vermoor. Eva, wat besef die siklus is verbreek, omhels Adam. Jonas en Martha reis na die oorspronklike wêreld en slaag daarin om die Tannhaus-gesin te red. So wis hulle albei hulle wêrelde uit.
Die enigste hoofkarakters wat in die oorspronklike wêreld oor is, is dié wie se geboorte nie die resultaat van tydreise is nie. Peter is in 'n verhouding met Bernadette; Katharina en die kankervrye Regina is enkellopend; en Hannah verwag die kind van Bernadette se broer, Torben Wöller, wie se oog gesond geword het. Op 'n aandetepartytjie merk Hannah 'n geel reënjas in die hoek van die kamer op en ervaar 'n kort oomblik van déjà vu. Toe sy gevra word wat sy haar kind gaan noem, antwoord sy sy het nog altyd van die naam "Jonas" gehou.
Ontvangs
[wysig | wysig bron]Dark het groot lof gekry en is deur baie publikasies beskou as een van die beste TV-programme van die jare 2017, 2019 en 2020, sowel as van die 2010's, van die 21ste eeu en van alle tye. Die webtuiste Vulture noem dit een van die merkwaardigste shows van die dekade.[12] Die BBC het dit gelys as die 58ste beste TV-reeks van die 21ste eeu[8] en BuzzFeed as een van die 25 beste TV-shows van alle tye.[13]
Seisoen 1
[wysig | wysig bron]Die eerste seisoen van Dark het meestal positiewe resensies gekry. Baie resensente het ooreenkomste met die TV-reeks Twin Peaks en 'n ander Netflix-reeks, Stranger Things, raakgesien. Rotten Tomatoes het die eerste seisoen 'n goedkeuringsyfer van 90% gegee, met 'n gemiddelde punt van 7,4 uit 10, gebaseer op 48 resensies.[14] Metacritic het dit 'n punt van 61 gegee, gebaseer op 10 resensies.[15]
In The Guardian het Lanre Bakare Dark 'n punt van vier uit vyf gegee en die reeks geprys vir sy toon, die kompleksiteit van sy verhaal en die pas.[16] Emily St. James van Vox het dit drie en 'n half uit vyf gegee.[17] Die tydskrif Reason se Glenn Garvin het egter gevoel die benadering was te swaar, daar was te min simpatieke karakters en sekere aspekte was onoorspronklik.[18]
Los Angeles Times het Dark gelys as een van die beste TV-reekse van 2017, terwyl Thrillist dit die 18de beste TV-show van die jaar genoem het.[19][20]
Seisoen 2
[wysig | wysig bron]Die tweede seisoen het ook lof ingepalm. Metacritic het dit 'n punt van 82 uit 100 gegee, gebaseer op vier resensies.[21] Op Rotten Tomatoes het seisoen twee 'n goedkeuringsyfer van 100% gekry, gebaseer op 30 resensies, met 'n gemiddelde punt van 8,1 uit 10.[22]
Resensente het gevoel seisoen twee is veel onheilspellender as seisoen een, en dat die reeks daarin geslaag het om verskeie idees oor tydreise omver te werp.[23][24] Die seisoen het 'n punt van vier uit vyf by Jack Seale van The Guardian en Boyd Hilton van Empire gekry, en 'n "verstommende" nege uit 10 by David Griffin van IGN.[25][26][23][27]
Die seisoen het talle lyste van goeie reekse gehaal. Dit is onderskeidelik as die negende en tiende beste TV-shows beskou deur Maggie Fremont van ScreenCrush en John Sellers van Thrillist.[28][29]
Seisoen 3
[wysig | wysig bron]Die derde en finale seisoen het weer eens lof ingepalm, en is veral geprys vir die bevredigende einde van die verhaal. Rotten Tomatoes se goedkeuringsyfer was 97%, gebaseer op 35 resensies, met 'n gemiddelde punt van 8,5 uit 10.[30] Op Metacritic het die seisoen 'n gemiddelde punt van 92 gekry, gebaseer op vier resensies.[31]
Die seisoen het 'n punt van vyf uit vyf gekry by Radio Times se Patrick Cremona en vier uit vyf by The Guardian se Jack Seale.[32][33] Cremona het dit beskou as "wetenskapsfiksie op sy betowerendste, verbysterendste en verfrissendste, en dit alles maak dit 'n onweerstaanbate TV-produksie". Hy het ook die skryfwerk, kinematografie, rolverdeling en toneelspel (veral dié van Louis Hoffman, Maja Schöne en Lisa Vicari) geprys.[32] William Goodman van Complex het die einde geprys en gesê: "Odar en Friese sluit die reeks meesterlik af deur die simbiotiese verhouding tussen eindes en beginne te wys. Daar is geen oorwinning sonder opoffering, geen lig sonder donkerte en geen liefde sonder verlies nie."[34]
Baie publikasies het die seisoen gelys as een van die beste TV-produksies van 2020. Radio Times het dit die agtste beste TV-show van die jaar genoem.[35] Exclaim! en GameSpot het dit gelys as 10de beste.[36]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Teti, Julia (19 Junie 2019). "Finding the Greek Drama in Netflix's dark". Film School Rejects. Besoek op 4 Februarie 2020.
- ↑ Nguyen, Hanh (23 Junie 2019). "Dark: Season 2's Insane Ending and All the Burning Questions Season 3 Needs to Answer". Indiewire. Besoek op 4 Februarie 2020.
- ↑ Renfro, Kim (11 Desember 2017). "Netflix's new series Dark has a terrific and unique soundtrack – here are all the best songs featured". Insider. Besoek op 2 Julie 2019.
- ↑ 4,0 4,1 "Dark, The First Netflix Original Series Produced In Germany Commences Principal Photography". Netflix Media Center. 18 Oktober 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2018. Besoek op 24 Oktober 2016.
- ↑ "Netflix Drops Teaser for New German Series Dark". ComingSoon.net. 1 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2017. Besoek op 1 Maart 2017.
- ↑ Shepherd, Jack (21 Desember 2017). "Dark renewed for season 2 by Netflix". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 2 Julie 2019.
- ↑ Gelman, Vlada (30 Mei 2019). "TVLine Items: Monica Potter's New Series, Netflix's Dark to End and More". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2019. Besoek op 2 Julie 2019.
- ↑ 8,0 8,1 "The 100 greatest TV series of the 21st Century". BBC Culture. 18 Oktober 2021. Besoek op 22 Oktober 2021.
- ↑ Rogers, Thomas (23 November 2017). "With Dark, a German Netflix Series, Streaming Crosses a New Border". The New York Times. Besoek op 23 Maart 2018.
- ↑ "Family tree". DARK – The Official Guide – NETFLIX. Besoek op 22 September 2020.
- ↑ "Jonas Kahnwald". Netflix. Besoek op 2 Julie 2019.
- ↑ Seitz, Matt Zoller; Chaney, Jen; VanArendonk, Kathryn; Bastien, Angelica Jade; Heller, Chris; Koski, Genevieve (18 Desember 2019). "What Did We Just Watch? A not-so-abridged guide to Prestige, Peak, and every other kind of TV from the past decade". Vulture. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 14 September 2022.
- ↑ Sloss, Morgan (12 Augustus 2022). "25 Best TV Shows Of All Time". BuzzFeed. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ "Dark: Season 1". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 28 November 2019.
- ↑ "Dark: Season 1". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 20 Augustus 2020.
- ↑ Bakare, Lanre (1 Desember 2017). "Dark review – a classy, knotty, time-travelling whodunnit for TV". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 3 Desember 2017.
- ↑ St. James, Emily (2 Desember 2017). "The best way to experience Netflix's Dark might be as a graph. This is a compliment?". Vox. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2022. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ Garvin, Glenn (1 Desember 2017). "You Won't Be Afraid of This Dark, But You Might Be Bored". Reason. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2018. Besoek op 3 Desember 2017.
- ↑ Lloyd, Robert (15 Desember 2017). "'Twin Peaks,' 'Legion,' 'Danger and Eggs' and 'One Day at a Time' among the best in TV in 2017". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ Sellers, John (13 Februarie 2018). "The Best TV Shows of 2017". Thrillist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ "Dark: Season 2". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 5 Mei 2020.
- ↑ "Dark: Season 2". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 28 November 2019.
- ↑ 23,0 23,1 Nguyen, Hanh (21 Junie 2019). "Dark Review: Season 2 Is Defiantly Bizarre, Twisty, and More Addictive Than Ever". IndieWire. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 25 Junie 2019.
- ↑ Gennis, Sadie (21 Junie 2019). "The Dark Timeline You Desperately Need for This Complicated Netflix Show". TV Guide. Besoek op 2 Julie 2019.
- ↑ Seale, Jack (21 Junie 2019). "Dark season two review – wilfully confusing and deliciously creepy". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ Hilton, Boyd (21 Junie 2019). "Dark: Season 2 Review". Empire. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ Griffin, David (23 Junie 2019). "Dark: Season 2 Review". IGN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ Fremont, Maggie (10 Desember 2019). "The Best TV Shows of 2019". ScreenCrush. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ Sellers, John (12 Desember 2019). "The Best TV Shows of 2019, Ranked". Thrillist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ "Dark: Season 3". Rotten Tomatoes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 25 Julie 2020.
- ↑ "Dark: Season 3". Metacritic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2022. Besoek op 27 Junie 2020.
- ↑ 32,0 32,1 Cremona, Patrick (24 Junie 2020). "Dark season 3 review: Sci-fi at its most mesmerising, confounding and exhilarating". Radio Times. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ Seale, Jack (27 Junie 2020). "Dark season three review – a thrilling, brain-scrambling sci-fi finale". The Guardian. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ Goodman, William (13 Julie 2020). "Netflix's 'Dark' Concludes With Brilliantly Satisfying Series Finale". Complex. Besoek op 16 September 2022.
- ↑ "Best TV shows of the year 2020, 10-1: Our no. 1 series revealed". Radio Times. 29 Desember 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ "Exclaim!'s 13 Best TV Series of 2020". Exclaim!. 17 Desember 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2022. Besoek op 15 September 2022.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.