David A. R. White

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
David Andrew Roy White
Geboorte 12 Mei 1970
Dodge City, Verenigde State
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Lewensmaat Andrea Logan White (2003 – hede)
Aktiewe jare 1990 – hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

David A. R. White (* 12 Mei 1970 in Dodge City, Kansas) is 'n Amerikaanse akteur, filmregisseur en -vervaardiger. White het op 'n klein plaasdorpie buite Dodge City in Kansas grootgeword. Hy is 'n medestigter van Pure Flix Entertainment, 'n maatskappy wat in die verspreiding en produksie van Christelike rolprente spesialiseer. Die maatskappy se eerste film was Hidden Secrets.[1] Hy is met die aktrise en regisseur Andrea Logan getroud (geb. 29 Julie 1978), wat ook die rol van sy vrou in die 2009-film Blink of an Eye gespeel het.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "David A.R. White Biography". Symetric Productions Inc. [sic] 2008-01-01 http://www.holymanundercover.com/actor.html.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]