ddisselblom
ddisselblom | |
---|---|
Oorsprong | Bloemfontein, Suid-Afrika |
Genres | Afrikaanse Popmusiek |
Etikette | SELECT |
Webwerf | http://www.ddisselblom.com |
Lede | Jaco Spies Johrné van Huyssteen Lienka Coetzee |
ddisselblom is 'n Afrikaanse popgroep vanuit Bloemfontein, Suid-Afrika. Die groep se leuse is "Die Lewe is 'n Lied".
In eie woorde is die uitsluitlike doel met die twee d's in die naam, "om almal te verwar". Dit is ook eerder wenslik om met twee kleinletter d's om te gaan, maar die groep is nie voorskriftelik daaromtrent nie.
Oorsprong
[wysig | wysig bron]Die twee stigterslede, Jaco Spies en Johrné van Huyssteen, het mekaar ontmoet toe hulle saam by 'n selfoonwinkel in Bloemfontein gewerk het. Beide wou musiek maak, maar het besef dat hulle kapitaal en blootstelling nodig gehad het. In 2001 het hulle die handelsmerkproduksie, "Geblikte Afrikaans", tot stand gebring - bekroon met 'n Pendoring toekenning in daardie jaar. Hierdeur het hulle die nodige kapitaal om 'n musiekloopbaan te begin, bymekaargeskraap en deur hul produkte op kunstefeeste te verkoop, het hulle ook die geleentheid gehad om op die gratis verhoë op te tree. Hul eerste opvoering as 'n "band" was op die Sarie-tent se gratis verhoog by die KKNK.
Lede
[wysig | wysig bron]Jaco Spies, Johrné van Huyssteen en Lienka Coetzee - al drie liriekskrywers en sangers; die eerste tromspeler was John Smit en baskitaarspeler was David Houghton. Na twee jaar is hulle vervang deur Riaan Diedericks (op dromme) en AJ Hymann (op baskitaar). Die vyfstuks is sedert 2003 saam.
Daar is ook 'n interessante familieverband in ddisselblom: Johrné is getroud met Lienka se suster, Alet, en Jaco en Lienka het 'n ruk terug in die huwelik getree.
Styl
[wysig | wysig bron]Ddisselblom se styl word as rock beskryf.
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Goud en marog, 2004
- Donker grond, 2007
- Onskuld, 2009
- Grootste treffers, 2009
- Ddisselblom