Die Bubbles Schroeder storie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Bubbles Schroeder Storie
Regisseur Pierre D. Botha
Met Barbara Duff
André Huguenet
David Hattingh
Uitgereik 12 Junie 1961
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Die Bubbles Schroeder Storie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 12 Junie 1961 vrygestel is. Die rolprent is aanvanklik deur die sensuurraad afgekeur. In 1961 laat hulle die rolprent toe, maar plaas 'n 18-jaar ouderdomsperk daarop.[1] Teen 19 Junie 1961 het dit groot gehore by inryteaters getrek.[2]

Genre[wysig | wysig bron]

Die rolprent is 'n misdaaddrama.

Hoofrolspelers[wysig | wysig bron]

Storielyn[wysig | wysig bron]

Die rolprent handel oor die onopgeloste moord van ’n jong Afrikaanse meisie, Bubbles Schroeder. Sy was van Duitse agtergrond en het op Lichtenburg grootgeword. Sy verhuis op 18-jarige ouderdom na Johannesburg, waar sy kort daarna op 2 Augustus 1949 dood aangetref is. Die moord is wyd in die media gerapporteer, maar haar moordenaar is nooit gevind nie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 50 jaar gelede, Die Burger, 9 Mei 2011
  2. 50 jaar gelede, Die Burger, 22 Junie 2011