Vendas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Die Venda)
Spring na: navigasie, soek
Vendas
Cases Venda.jpg
'n Venda-dorpie in Suider-Afrika
Totale bevolking: 0,7 miljoen[1][2] - 1,0 miljoen[3]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Taal: Venda
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Sjona

Die Soutpansberge van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika huisves die VhaVenda, wat afsonderlik van die Sotho- en Nguni-sprekende kulture is. Hul kultuur beskik oor fassinerende tradisies en gebruike wat deurtrek is van legendes en mistisisme. Die VhaVenda word met die gebied tussen die Soutpansberg en die Limpoporivier vereenselwig. Hierdie Vendastreek spog ook met een van die mees gevarieerde natuurlike, geologiese, argeologiese en kulturele stelsels ter wêreld. Die woord Venda beteken land of wêreld.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die huidige VhaVenda is in twee duidelik verskillende groepe verdeel, naamlik 'n westelike groep (hoofsaaklik van Singo-oorsprong en afstammelinge van die volgelinge van Mphephu, Sinthumule en Kutama) en 'n oostelike groep (afstammelinge van die volgelinge van Lwamande, Rambuda, Tshivhase en Mhapuli). Hul voorgangers het die BaLea, Ngona, Mbedzi, Lembethu, Ndau en Thwamamba ingesluit. Laasgenoemde twee groepe is waarskynlik van Karanga-oorsprong, terwyl die Ngona, Mbedzi en Lembethu moontlik oorblyfsels is van die baie antieke Sotho- (Kwena-) bevolking wat die gebied voor die aankoms van die eerste Vendas bewoon het.

Interessant genoeg staan die BaLea ook bekend as die Vha ha Musina, wat vereenselwig word met die ontginning van yster by Phalaborwa en koper by Musina (musina beteken trouens "koper"). Hul eerste nedersetting nadat hulle suidwaarts oor die Limpoporivier in die Limpopoprovinsie in migreer het, was in die Nzhelele-vallei, waar die bouvalle van hul dorpie, Dzata, nog gesien kan word. Hul legendariese hoofman, Thoho-ya-Ndou ("Hoof van die Olifant"), het oor hierdie uitgestrekte streek geheers.

Vandag[wysig | wysig bron]

Die VhaVenda praat 'n taal wat duidelik 'n samesmelting van Sotho en Karanga suggereer. Hulle vertoon matrilineêre neigings en daar is 'n duidelike onderskeid tussen koninklikes en gewone burgerlikes.

Hulle beskik oor 'n diep religieuse en gewyde kultuur. Baie van hierdie tradisies is in die geestelike wêreld gesetel, wat uitdrukking vind in hul seremoniële inisiasies, danse, houtsneewerk, erdewerk en dekoratiewe styl. Rituele voorwerpe soos gewyde krale word gedra, houtbakke word versier met totemsneewerk en gewyde tromme en 'n gewyde woud met die naam Thathe Vondo weerspieël 'n verwikkelde lewenstyl wat net so lewend is as wat dit honderde jare gelede was.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) South africa – Tsonga and Venda”. Country Studies. URL besoek op 9 Oktober 2008.
  2. (en) INDIGENOUS PEOPLES ARCHIVE - VHAVENDA”. Intercontinental Cry. URL besoek op 1 April 2015.
  3. (en) Vhavenda People”. Pilot Guides. URL besoek op 9 Oktober 2008.


Etniese groepe in Suid-Afrika Flag of South Africa.svg

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateGriekwasKaapse MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesNoord-Sotho'sSuid-Sotho'sSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes