Die mobilisering van 'n Middeleeuse kasteel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nuvola apps error.svg Hierdie bladsy is ’n kandidaat vir spoedige verwydering om die volgende rede:

nie-ensiklopediese essay

As u nie die spoedige verwydering van hierdie bladsy steun nie, kan u u besware op die besprekingsblad opper.

Sien gerus Wikipedia:Spoedige verwyderings vir redes waarom bladsye soos hierdie vir spoedige verwydering gemerk word. Onthou om bladsye wat na hierdie bladsy verwys en hierdie bladsy se geskiedenis na te gaan vóór verwydering.

Moenie hierdie kennisgewing verwyder nie.

Voorbeeld van 'n Middeleeuse Kasteel
Aanval by Auberoche, 1345
Vooraansig van 'n middeleeuse katapult

Wanneer die eerste lig van die dag breek, was dit in die Middeleeue, moontlik om die om­gewing rondom 'n kasteel te bespied. Dikwels, teen dagbreek, het die bewakers van die torings, wat rondom die kasteel gepatrolleer het, 'n oomblik van paniek ervaar omdat die kasteel gedurende die nag heeltemal omsingel is.

Daar was maklik 'n duisend aanvallers rondom die kasteel.

In sulke tye, was niemand binne-in die kasteel ledig nie. Sedert dit geblyk het dat 'n geveg onvermydelik is, het almal volstoom gewerk.

Al die valbrûe is onmiddellik opgehys. Al die wapens en ammunisie is uit die magasyne gehaal en na die mure gedra. Groot groepe werkers het koorsagtig verdedigingswerke versterk of nuwes opgerig. Skrynwerkers het rond geskarrel op die binneplase om beskermende skure op te rig, of die mure om paalskuttings op te hys vir die beskerming van die boogskutters, of hulle was op die torings om die lansmasjiene te herstel wat hier oop en bloot gestaan het. Ander werkers was onophoudelik besig om pyle te smee vir die boe en kruisboë. Tot in die kombuise was gewerk: hele vate vol pik was gesmelt en enorme erdepotte vol kokende olie was voorberei.

Kortom - alle aanvallers en verdedigers, het hulself voorberei op die komende stryd, met alle soorte wapens wat hulle kon kry.

Tegnieke van mobilisering

'n Kasteel kon onverwags ingeneem word as die aanvallers dit kon bereik voor die kasteel se verdedigers beset dat hulle daar is. Kastele is egter gewoonlik op plekke gebou van waar mens die omgewing goed kon bespied; alle bome, bosse en ander skuiling is verwyder en daar was altyd wagte op die uitkykposte.

'n Kasteel kon ook ingeneem word a.g.v. verraad in sy garnisoen. Dit was egter nie maklik om boodskappe in 'n goed verdedigde kasteel te smokkel nie.

Kastele moes uiteindelik oorgee as die voedsel opraak. Hulle is egter gewoonlik gebou op plekke waar die garnisoen genoeg water kon kry, sodat dors geen probleem was nie. Dit was ook moontlik om 'n enorme hoeveelheid kos in die kelders op te gaar sodat 'n garnisoen baie lank teen die beleëraars kon uithou.

Kasteelhere

Meermale was die kasteel here roofridders wat kort-kort uitgetrek het om kloosters te oorval of kooplui aan te val en te besteel of selfs na die kasteel te ontvoer, waar hulle gehou is totdat 'n losprys betaal is. Omdat daar soveel was, en hul kastele so goed verskans, het dit lank geduur voordat die vorste 'n einde aan hul wanpraktyke gemaak het. 'n Ander onverkwiklike verskynsel was die gedurige vetes tussen die kasteelhere. Omdat die kastele so moeilik was om in te neem, moes die eenvoudige en weerlose mense van die volk daaronder ly: die ridders het mekaar probeer skade aandoen deur mekaar se onderdane aan te val en te beroof.

Die mobiliseringstuig 

  1. 'n Stormram (so genoem na 'n stormende ram - en het 'n bokkop vooraan gehad) onder 'n skutting wat dit teen die verdedigers beskerm. Dit was alleen nuttig teen poorte of swak dele van 'n muur.
  2. Die katapult, wat klippe teen en oor die kasteelmure skiet. Dit was soos 'n tamaai wipplank: een punt, in die vorm van 'n groot lepel, is stadig na onder gebring en dan skielik losgelaat sodat dit met groot krag terugskiet en 'n klip oor die muur slinger.
  3. Die deurbraaktoring, wat die ridders in staat gestel het om die mure aan te val sander om daaroor te klouter. Dit was 'n doeltreffende wapen, maar kon deur die verdedigers aan die brand gesteek word.Die stormskild op wiele, waaronder die boogskutters digby die muur kon kom om die verdedigers te tref sodat die muur leeg kon kom vir die oorvalsgroepe.
  4. Die klimlere om oor die mure mee te klouter. As 'n muur nie deur die skutters skoongemaak of deur die katapult stukkend geskiet is nie, was die aanvallers gelukkig om bo uit te kom. Kokende olie of pik is oor hulle uitgegooi. Maar as hulle eers oor was, kon hulle maklik 'n poort oopsluit of 'n hangbrug laat sak vir hul makkers om in te kom.

Bronnelys