Die vrolike musikant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
"Die Vrolike Musikant"
Genre  Afrikaanse volksmusiek
Woorde  P. McLachlan
Melodie  Volkswysie
Verwerking  Pierre Malan[1]
Oorsprong 
Taal/land  Duits
Titel  "Mein Vater war ein Wandersmann"
Portaal  Portaalicoon   Musiek

"Die Vrolike Musikant", ook bekend as "My Vader was ’n Musikant", is die Afrikaanse weergawe van die Duitse volksliedjie "Mein Vater war ein Wandersmann", wat geskoei is op ’n werk van Friedrich Sigismund uit die begin van die 19de eeu. Die melodie waarop die lied sedert die begin vyftigerjare gesing word, is die werk van die komponis Friedrich Wilhelm Möller, wie se suster Edith Möller Sigismund se teks aangepas het vir die koor wat sy afgerig het.[2]

Die Afrikaanse woorde is deur P. McLachlan geskryf.[1]

Woorde[wysig | wysig bron]

My vader was 'n musikant, 'n man van durf en daad,
met stem en snaar, viool, kitaar was hy altyd kordaat.
Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, was hy altyd kordaat.

My moeder was 'n musikant, 'n niggie fiets en fraai;
met bly gemoed en lig van voet kon sy ook tiekiedraai.
Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, kon sy ook tiekiedraai.

En nou is ek 'n musikant, hoe kan dit anders wees!
Ek speel soos pa en dans soos ma – die skoen pas by die lees.
Wal-de-rie, wal-de-ra, wal-de-rie, wal-de-ra-la, la, la, la, la.
Wal-de-rie, wal-de-ra, die skoen pas by die lees.

Verwysings[wysig | wysig bron]