Diomede-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Diomede-eilande
Inheemse naam: острова Диомида / Diomede Islands
Diomede-eilande: Klein-Diomede (links) en Groot-Diomede (regs). Die foto is in 'n suidwaartse rigting geneem
Diomede-eilande: Klein-Diomede (links) en Groot-Diomede (regs). Die foto is in 'n suidwaartse rigting geneem
Geografie

Ligging Stille Oseaan, Beringstraat
Koördinate 65°47′N 169°01′W / 65.783°N 169.017°W / 65.783; -169.017Koördinate: 65°47′N 169°01′W / 65.783°N 169.017°W / 65.783; -169.017
Argipel Diomede-eilande
Totale eilande 2
Hoofeilande Ratmanof (Groot Diomede-eiland), Klein Diomede-eiland
Oppervlakte 36 vk km

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Outonome okroeg Flag of Chukotka.svg Tsjoekotka

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat Flag of Alaska.svg Alaska

Demografie
Bevolking 0 (Groot Diomede-eiland)
135 (Klein Diomede-eiland)

Die Diomede-eilande (Engels: Diomede Islands; Russies: острова́ Диоми́да, ostrová Diomída) is twee eilande wat in die middel van die Beringstraat geleë is. Die twee eilande is 3,8 km vanaf mekaar. Die een eiland, Groot Diomede, behoort aan Rusland en die tweede eiland, Klein Diomede, behoort aan die Verenigde State. Die Internasionale tydlyn gaan tussen die twee eilande deur; die amptelik tydsverskil is 21-uur.[1] As gevolg van die tydverskil word soms na die eilande as "Môre-eiland" (Groot Diomede) en "Gister-eiland" (Klein Diomede) verwys. Dit is ook die grens tussen Amerika en Rusland. Klein Diomede val onder die beheer van die deelstaat Alaska. Groot Diomede is die oostelikste punt van Rusland en behoort tot die outonome okroeg Tsjoekotka.

Nasa-Satellietbeeld van die Diomede-eilande

Die Deen Vitus Bering het die eilande op 16 Augustus 1728 ontdek terwyl hy 'n Russiese ekspedisie gelei het. Hy het die die naam Diomede-eilande aan die eilande gegee omrede 16 Augustus deur die Russies-Ortodokse Kerk gevier word as St. Diomede-dag na aanleiding van die martelaar St. Diomede. Die Russiese ontdekkingsreisiger Semjon Dezhnef het reeds in 1648, nadat hy die Beringstraat bereik het, verslag gelewer oor twee eilande. Dit is egter onseker of dit die Diomede-eilande was.

In die winter vorm pakys tussen die twee eilande sodat daar geloop kan word van die een na die ander. Dit word egter verbied.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]