Dirk Mudge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Dirk Mudge
Geboortenaam Dirk Frederik Mudge
Gebore 16 Januarie 1929 (1929-01-16) (90 jaar oud)
Rusthof naby Otjiwarongo, Suidwes-Afrika
(nou Namibië)
Nasionaliteit Vlag van Namibië Namibië
Beroep Politikus
Politieke party Demokratiese Turnhalle-alliansie
Religie NG Kerk
Huweliksmaat Stienie Jacobs
Kind(ers) 5
Kleinkind(ers) 16

Dirk Frederik Mudge (gebore 16 Januarie 1929) is 'n Namibiese afgetrede boer en politikus. Hy het gedien in verskeie hoë posisies in die Suid-Afrikaanse administrasie van Suidwes-Afrika, was die voorsitter van die 1975–1977 Turnhalle Grondwetlike Konferensie, en mede-stigter van die Republikeinse Party sowel as die Demokratiese Turnhalle Alliansie.

By die Namibiese onafhanklikheid, was Mudge 'n lid van die Wetgewende Vergadering en 1ste Nasionale Vergadering totdat hy afgetree het in 1993. Mudge is die stigter van Namibië se Afrikaanse daaglikse koerant Republikein en sy uitgewer Namibia Media Holdings. Hy dien op die raad van direkteure tot 2008.

Vroeë lewe en opvoeding[wysig | wysig bron]

Dirk Mudge, 'n Blanke Namibiër van Afrikaner afkoms met gemengde Nederlandse en Duitse voorgeslagte, is gebore op die plaas Rusthof naby Otjiwarongo. Hy is 'n boer van beroep.[1] In 1947 het hy gegradueer van die Universiteit van Stellenbosch met 'n Baccalaureus Commercii, waarna hy gewerk het as 'n rekenmeester in Windhoek. Tussen 1952 en 1960 het hy met beeste geboer.[2]

Politieke loopbaan[wysig | wysig bron]

Tot die 1975–77 Turnhalle-konferensie[wysig | wysig bron]

In 1955 het Mudge 'n lid van die pro-apartheid Nasionale Party (NP) geword, wat regeer het in Suid-Afrika tussen 1948 en 1994. Hy was een van sewe verkose lede wat Suidwes-Afrika se wit burgers by die Wetgewende Vergadering in 1961 en in die Parlement van Suid-Afrika verteenwoordig het. In 1965 het Mudge 'n lid van die Uitvoerende Komitee vir Suidwes-Afrika geword en dus 'n hoë-posisie administrateur van die gebied. Hy beklee hierdie posisie tot 1977.[2]

Toe AH du Plessis, die leier van die Suidwes-Afrika Nasionale Party in 1969 as Minister aangestel is, het Mudge in sy posisie as leier van die NP opgetree. Op daardie stadium het hy met die NP se standpunte oor die toekoms van Suidwes-Afrika begin verskil. Hy het 'n vriendskap met Herero Hoof Clemens Kapuuo begin, en het planne bespreek vir 'n selfbestuurde Suidwes-Afrika met destydse eerste minister John Vorster. Hy was ook een van die dryfkragte agter die 1975–77 Turnhalle Grondwetlike Konferensie.[2]

Die Turnhalle Konferensie was 'n poging om deur middel van klein hervormings en kompromieë 'n wye spektrum van die inheemse bevolking se steun te wen vanaf die gewapende SWAPO op daardie tydstip.[3] Die doel was ook om die skeiding van die Suidwes-Afrika-etnisiteite te sement deur die toekomstige staat van Namibië te maak, met klein, etnies gedefinieerde partye in een groter liggaam saam te voeg teen SWAPO.[4]

Familie[wysig | wysig bron]

Dirk Mudge het afgetree van politiek in Apil 1993.[5] Hy is getroud met Stienie Jacobs, en het saam vyf kinders en 16 kleinkinders. In Mei 2015, op die ouderdom van 86 het hy sy autobiografie gepubliseer, met die titel "Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië".[6]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "The Struggle for Namibia" in Time magazine, 24 April 1978
  2. 2,0 2,1 2,2 Hopwood, Graham (2007). Who's Who, Mudge, Dirk Frederik – Retired politician. Namibian Institute for Democracy (NID). URL besoek op 28 October 2014.
  3. Napierala, Nils (2010). Namibia zu Zeiten des Kolonialismus und der Mandatsherrschaft [Namibia During the Periods of Colonialism and Foreign Administration] (in German). GRIN. p. 16. ISBN 3-640-74284-2. Besoek op 8 September 2011.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)
  4. Kangueehi, Kuvee (22 Oktober 2004). DTA 'Down but Not Out'. New Era (via rehobothbasters.com). URL besoek op 8 September 2011.
  5. Dierks, Klaus. Biographies of Namibian Personalities, M. klausdierks.com.
  6. Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië. URL besoek op 2016-09-28.