Douglas F4D Skyray

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Douglas F4D Skyray
Douglas F4D-1 Skyray of VMF-115 in flight, 4 April 1957 (NNAM.1996.253.7328.029).jpg
'n Douglas F4D-1 Skyray van VMF-115 in vlug, 4 April 1957
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Douglas Aircraft Company
Ontwerp deur Ed Heinemann
Nooiensvlug 23 Januarie 1951
Bekendstelling 1956
Onttrek 1964
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Amerikaanse Vloot
Amerikaanse Mariene Korps
Vervaardig 1950–1958
Aantal gebou 442
Weergawes Douglas F5D Skylancer

Die Douglas F4D Skyray is 'n Amerikaanse straalaangedrewe vegvliegtuig wat verskeie spoed en klim rekords opgestel het. Aërodinamiese toetse deur Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog het die na-oorlogse Amerikaanse Vloot oortuig om die gebruik op vliegdekskepe van 'n deltavlerk vliegtuig te ondersoek. In 1947 het Douglas Corporation die gebruik van hul model XF4D-1 voorgestel vir die doel. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug voltooi op 23 Januarie 1951. Die XF4D-1 se vermoë was gou duidelik, die tweede prototipe het op 3 Oktober 1953 'n nuwe wêreld lugspoed rekord opgestel van 1211.7 km/h.

Aflewering aan die Amerikaanse Vloot het in April 1956 begin aan 17 frontlinie en drie reserwe eenhede van die Amerikaanse Mariene Korps. Die F4D-1 het 'n buitengewone klimvermoë gehad vir sy tyd. Op 22 en 23 Mei 1958 het Majoor Edward LeFaivre vyf wêreldrekords vir klim na hoogtes verbeter. Dit het tot gevolg gehad dat die Amerikaanse Vloot se VFAW-3 eenheid, gebaseer by die vloot se lughawe te North Island, Kalifornië, gevra is om deel te word van die Noord Amerikaanse Lugverdediging Beheerkantoor en te help met verdediging teen Sowjetunie bomwerpers.

Die Skyray was in 1964 uit diens gestel.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Douglas F4D Skyray:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger Pratt & Whitney J57-P-8P turbostraal met nabrander
Kraglewering per motor 6 577 kg stukrag
Vlerkspan 10,21 m
Lengte 13,93 m
Hoogte 3,96 m
Vlerkoppervlakte 51,75 m2
Maks. opstygmassa 11 340 kg
Maks. snelheid 1 162 km/h
Operasionele hoogte 16 765m
Togafstand 1 931km
Klimvermoë 5 580 m per minuut
Bewapening Vier 20 mm kanonne

bomme van 1814 kg onder vlerke

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]