Dwergwaterblommetjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Dwergwaterblommetjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Aponogeton
Spesie:
Aponogeton angustifolius

Aiton
Sinonieme
  • Aponogeton crinifolium Lehm. ex Schltdl.

Die dwergwaterblommetjie (Aponogeton angustifolius Aiton) is 'n waterplantjie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom net in die Wes-Kaap tussen Gouda en Worcester en die Kaapse Vlakte voor. Op die SANBI-rooilys is dit as kwesbaar (VU) gelys. Dit groei op sanderige droogvallende oewers naby mere en vleie of riviertjies wat traag stroom. In die laaste 40 jaar het die plant 30% van sy leefgebied verloor. Dit is net drie generasies, wat vir hierdie plant 15 jaar per generasie duur.[1]

Dit lyk soos die waterblommetjie, maar sy wit blompakkies is nie eens die helfte van die grootte nie. Dit word in die Papenkuils-vleiland naby Worcester aangetref en bereik daar een van die digtste spesiebevolkings in die land, saam met sewe ander vleilandplante wat op die rooilys is.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]