Eswatini-spoorweë

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf ESwatini-spoorweë)
Jump to navigation Jump to search

Die Eswatini-spoorweë, voorheen bekend as Swazi Rail, is die nasionale spoorwegkorporasie van Eswatini.

Oorsig[wysig | wysig bron]

Kaart van dei Eswatini-spoorweë se netwerk

Soos in die res van Suider-Afrika, is die 301 kilometer (187 myl) lange spoorstelsel van Eswatini gebou volgens die smal Kaapspoor van 1067mm. Die Eswatini-spoorweë bied slegs vervoerdienste van goedere aan, nie passasiers nie.

Die spoorweë word gebruik om die landingeslote land met die see te verbind. Die ooswesskakel, genoem die Goba-lyn, lei van Matsapha (naby Manzini) deur Sidvokodvo, Phuzumoya en Mpaka na Goba in Mosambiek. Van Goba bied 'n lyn van die Mosambiekse Hawens en Spoorweë verbindings na die hawens van Matola en Maputo.

Die Eswatini-spoorweë besit ook twee verbindings na Suid-Afrika: 'n noordelike skakel vanaf Mpaka te Komatipoort in Mpumalanga op die Pretoria–Maputo spoorlyn, en 'n suidelike skakel van Phuzumoya te Golela in KwaZulu-Natal, waar die Transnet-netwerk dit verbind met die hawens van Richardsbaai en Durban.

Swazilink[wysig | wysig bron]

In Januarie 2012 is die Swazilink-projek aangekondig, wat Sidvokodvo met Lothair in Mpumalanga, Suid-Afrika, sou verbind. Dit sou die steenkoolvragverkeer herlei na die Richardsbaailyn, en daardeur druk op die huidige Mpumalangalyne verlig.[1][2] In Junie 2014 het Swazi Rail egter beraam dat die skakel R17 miljard sou kos, en waarskynlik eers diens sou betree in 2017.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Railway Gazette: Ceremony launches Swazilink project". Railway Gazette International. Besoek op 22 Januarie 2012.
  2. http://www.railpage.com.au/f-t11364736.htm
  3. "NEW SWAZILAND LINK LINE TO RUN IN 2017". Railways Africa. Besoek op 2 Julie 2014.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.