Internasionale eendagwedstryd

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Een dag internasionaal)
Spring na: navigasie, soek
'n Internasionale eendagwedstryd tussen Australië en Indië in Melbourne.
Lidlande van die Internasionale Krieketraad volgens status: ██ Volle lidlande ██ Geassosieerde lede ██ Geaffilieerde lede ██ Nie-lidlande

'n Internasionale eendagwedstryd (Engels: One Day International, afgekort ODI of EDI) is 'n tipe krieketwedstryd waar twee internasionale spanne op een dag 'n beperkte aantal boulbeurte speel (gewoonlik 50 elk). Die Krieketwêreldbeker word onder andere in hierdie formaat gespeel. In Afrikaans word die afkorting EDI gebruik om na internasionale eendagwedstryde te verwys.

Internasionale eendagwedstryde is in die laat twintigste eeu ontwikkel. Die eerste EDI is op 5 Januarie 1971 tussen Australië en Engeland op die Melbourne Krieketgronde beklink. Nadat die eerste drie dae uitgereën het, het wedstrydbeamptes besluit om die toets af te las en eerder 'n eendagwedstryd van 40 agt-bal boulbeurte te speel. Australië wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Op die oomblik het 16 lande EDI-status en kan daarom aan EDI-wedstryde deelneem. Dit sluit al die lande wat toetskrieket speel in, sowel as lande wat tydelike EDI-status van die Internasionale Krieketraad ontvang het. Die doel van tydelike status is om opkomende krieketlande die geleentheid te gun om teen die toplande mee te ding.

Lande met permanente EDI-status[wysig | wysig bron]

Die twaalf lande met permanente EDI-status is:

Lande met 'n tydelike EDI-status[wysig | wysig bron]

Die vier lande met 'n tydelike EDI-status is:

  • Vlag van Nederland Nederland (sedert 1 Januarie 2006)
  • Vlag van Skotland Skotland (sedert 27 Junie 2006)
  • Vlag van Hongkong Hongkong (van 16 tot en met 18 Julie 2004, van 24 tot 25 Junie 2008 en weer sedert 1 Mei 2014)
  • Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate (van 13 tot 17 April 1994, van 16 Februarie 1996 tot 1 Maart 1996, van 16 tot 17 Julie 2004, van 24 tot 26 Junie 2008 en weer sedert 1 Februarie 2014)

Lande met 'n voormalige EDI-status[wysig | wysig bron]

Lande kan hulle EDI-status verloor deur swak prestasies by die Wêreldbeker vir B-lande of deur 'n besluit van die IKR. Daar is ook lande wat tydelike EDI-status verkry het om aan 'n bepaalde toernooi deel te neem.

  • Vlag van Kenia Kenia (van 10 Oktober 1997 tot 30 Januarie 2014)
  • Vlag van Kanada Kanada (van 16 Mei 2006 tot 28 Januarie 2014)
  • Vlag van Bermuda Bermuda (van 17 Mei 2006 tot 8 April 2009)
  • Vlag van Nederland Nederland (van 4 Julie 2006 tot 28 Januarie 2014)