Gaan na inhoud

Efficient Group

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Efficient Group
Tipe: Finansiëlediensteverskaffer
Gestig: 2002
Hoofkwartiere: Delyweg 81
Hazelwood, Pretoria
Suid-Afrika
0081
Sleutelfigure:
  • Heiko Weidhase (HUB)[1]
  • Rudi Barnard (HBB)
  • Steve Booysen (voorsitter)
  • Anton de Klerk (HFB)
Industrie:Finansiële dienste
Produkte:Finansiële dienste en beleggings
Omset:R 549,60 m (2019)[2]
Netto inkomste:R 6,43 m (2019)[2]
Dividende:2,16% (2018)[3]
Webtuiste:www.efgroup.co.za

Die Efficient Group is 'n finansiëlediensteverskaffer. Dit bied finansiële dienste, oplossings en beleggings. Dit bied ook finansiële beplanning, batefinansiering, beleggingsbestuur, lewens- en besigheidsversekering, korttermynversekering, aandelemakelary en kontantbestuuroplossings. Die maatskappy verskaf ook oplossings vir portefeulje- en multibestuurde fondse vir finansiële beplanners, individue en institusionele kliënte. Daarbenewens bied dit kollektiewe beleggingskema-administrasie, fonds- en privaatkliëntwelvaartbestuur, en beleggingskonsultasiedienste vir kleinhandel- en institusionele beleggers. Efficient is in 2002 gestig en is sedert 2009 op die JSE genoteer.[4]

Die groep se kollektiewe beleggingskema-administrasie bestaan uit sewe beleggingsklusters, naamlik:[5]

  • Boutique Collective Investments
  • Boutique Investment Partners
  • Efficient Select
  • Select Manager
  • Rudiarius Capital Management
  • Dinamika Fund Managers
  • Skyblue Fund Managers

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Board of Directors". Efficient Group (in Engels). 5 November 2015. Besoek op 27 April 2022.
  2. 2,0 2,1 "Efficient Group Ltd (EFGJ) Financial Summary". Investing.com South Africa (in Arabies). 31 Augustus 2019. Besoek op 27 April 2022.
  3. "Efficient Group Stock Dividend". Investing.com South Africa (in Arabies). 30 November 2016. Besoek op 27 April 2022.
  4. "About Efficient Group Ltd (EFGJ)". Investing.com South Africa (in Engels). Besoek op 27 April 2022.
  5. "Investments". Efficient Group (in Engels). 5 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2022. Besoek op 27 April 2022.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]