Egiptiese spleetneusvlermuis
Voorkoms
Egiptiese spleetneusvlermuis | |
---|---|
Nycteris thebaica | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. thebaica
|
Binomiale naam | |
Nycteris thebaica |
Die Egiptiese spleetneusvlermuis (Nycteris thebaica) kom voor in feitlik die hele Suider-Afrika.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die kleur wissel van grysbruin tot rooibruin met 'n bleker onderkant. Die soogdier word tot 10 cm lank en weeg ±11g.
Habitat en gewoontes
[wysig | wysig bron]Hulle het verskeie habitats met geskikte slaapplekke. Bedags rus hulle in groot kolonies in grotte of grasdakgeboue. Hulle eet vlieënde insekte, skerpioene en spinnekoppe. Een kleintjie word vroeg in die somer gebore.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron
[wysig | wysig bron]- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5