Elandsvlei

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Elandsvlei
Ligging van Elandsvlei op 'n kaart (Noord-Kaap)
Elandsvlei
Elandsvlei
Koördinate: 27°31′0″S 20°25′0″O / 27.51667°S 20.41667°O / -27.51667; 20.41667Koördinate: 27°31′0″S 20°25′0″O / 27.51667°S 20.41667°O / -27.51667; 20.41667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit
Plaaslike Munisipaliteit
Tydsone SAST (UTC+2)

Die gehuggie Elandsvlei in die Noord-Kaap lê effens wes van die Ceres-Karoo-pad, 154 km noord van Ceres, 116 km suid van Calvinia, effens noord van die Papkuilsnekpas en net wes van die Tankwa Karoo Nasionale Park. Hierdie R355-roete word beskou as die langste grondpad tussen twee dorpe in die land. Die bergagtige omgewing met die Doringrivier en die Tra-tra-rivier is baie gewild onder 4x4-entoesiaste en van die plaashuise is tot gastehuise omskep. Wupperthal in die Sederberge is met die Tra-tra langs slegs 40 km vanaf Elandsvlei.

Tot die Ceres-Karoo-pad gebou is, het die ou posroete van en na die Biedouwvallei hier verbygeloop. In 1812 het die Hough-familie die eerste huise hier gebou. Daar is nou nog 3 huise op Elandsvlei oor, maar fondamente wys op 'n groter vestiging vroeër. In hierdie droë dele was dit meermale die gebruik om op plekke waar water wel beskikbaar was, en ook om steun en geselskap in hierdie afgeleë dele aan mekaar te verskaf, die plaaswerwe saam te groepeer. Kultuur-historici beskou hierdie gehug as 'n opelugmuseum van Kaapse volksboukunde.

Ander voorbeelde van hierdie soort vestigings is die gehugte Matjesfontein en Lokenburg, beide suid van Nieuwoudtville. Soms het sulke nedersettings ontwikkel tot dorpies, soos die geval was met Leipoldtville in die Sandveld en in sekere mate ook met Hoeko en Schoemanshoek, beide in die Klein Karoo.

Sien ook[wysig | wysig bron]