Elektroniese skakelaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Elektroniese skakelaars)
Spring na: navigasie, soek

'n Elektroniese skakelaar is 'n skakelaar wat 'n elektroniese komponent gebruik vir die skakelaksie, dikwels 'n transistor. Die transistors kan van die Veldeffek- of die Bipolêre spervlaksoort wees. Elektroniese skakelaars word gebruik in digitale stroombane.

Bipolêre transistorskakelaar[wysig | wysig bron]

NPN Transistorsimbool

'n Bipolêre (NPN) transistor kan as 'n skakelaar gebruik word deur die spanningsverskil oor die basis (B) en die Emittor (E), VBE groot genoeg te maak (tipies 0.7V) sodat die versadigingstroom oor die Kollektor (C) en die Emittor (E) bereik word wanneer daar 'n spanning VCE oor C en E uitgeoefen word deur 'n spanningsbron. Die skakelaar is dan aangeskakel. Indien die spanningsverskil VBE gelyk is aan nul, vloei daar geen stroom nie en is die skakelaar in die af posisie.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  • [1] Verduideliking van hoe 'n Bipolêre spervlaktransistor gebruik word as 'n skakelaar.