Elserivier
Elserivier | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | in die berge wes van Simonstad |
Monding | Elsebaai, Simonstad, Suid-Afrika Atlantiese Oseaan |
Oorsprong-hoogte | 7 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Koördinate: 34°9′36.22″S 18°25′49.4″O / 34.1600611°S 18.430389°O |
Die Elserivier loop naby Simonstad in die Kaapse Skiereiland in die Atlantiese Oseaan.
Die rivier ontspring in die berge wes van Simonstad en vloei noorwaarts aan die westekant van die woonburt Da Gamapark verby. Die deels gekanaliseerde stroom draai daarna oos en en loop aan die noordekant van Welcome Glen en Glencairn verby en deur die R.A. Edwards-sportterrein. Dit gaan deur die Glencairnvlei voordat dit op die Glenstrand in die Elsebaai uitmond.
Simonstad was lank afhanklik van die rivier vir drinkwater. Die Lewis Gay-dam en die Kleinplaasdam is daarvoor in die rivier se bolope gebou.
Vroeër het die witels en die rooi-els hier natuurlik voorgekom.
Elsiesrivier en sy rivier die Elsieskraalrivier is op die Kaapse Vlakte en moenie met hierdie rivier verwar word nie.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Burman, Jose: Safe to the sea. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962.