Emma Bekker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Emma Bekker is 'n Suid-Afrikaanse skrywer. Sy word in Bulawayo in Zimbabwe, Newcastle en Standerton groot.[1] Daarna studeer aan die Universiteit van Pretoria. Van 1995 tot 2004 werk sy as televisieteksskrywer en televisieregisseur vir Kappenbekker Films, waarna sy haar eie masseerterapiesaak, The Body Sculpting Studio, bedryf. Sy woon saam met haar gesin in Johannesburg.[2]

Skryfwerk[wysig | wysig bron]

Sy skryf etlike kabarettekste, voordat sy met die digbundel “Skryn[3][4] debuteer. Die titel verwys na 'n mooi afgewerkte kissie waarin juwele en ander kosbaarhede bewaar kan word, terwyl die werkwoord die betekenis het van pyn intens te ervaar. In die bundel is die musikaliteit van die gedigte opvallend, met vele wat refreine bevat met 'n opvallende ritme. “Nagvangs” is 'n gedig oor ernstige siekte, waarin die grillerige surrealistiese beelding en die naasbestaan van 'n hospitaalsaal en 'n plaasdam aanduidend is van tegniese vernuf. “Die digter as masseuse” beïndruk met vindingryke beelding, terwyl “Jozi-blues” 'n loflied is aan Johannesburg en 'n antwoord aan sy kritici.[5]

Publikasies[wysig | wysig bron]

  • 2015 Skryn

Verwysings[wysig | wysig bron]