Erica bauera
Voorkoms
Albertinia Witheide | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Ericales |
Familie: | Ericaceae |
Genus: | Erica |
Spesie: | E. bauera
|
Binomiale naam | |
Erica bauera Andrews, (1812)
| |
Sinonieme | |
|
Die Albertinia witheide (Erica bauera) is 'n plant wat tot die genus Erica behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Riversdal tot Albertinia voor. Die plant staan ook bekend as die Albertinia witheide.
Die plat is gewild as 'n tuinplant en is skaars in sy natuurlike habitat. Sy habitat het drasties kleiner geword, 90%, sedert 2012 as gevolg van indringerplante, oorbeweiding, landbou aktiwiteite en 'n gebrek aan die bestuur van die veld.
Daar is ook 'n subspesie: Erica bauera subsp. gouriquae E.G.H.Oliv. & I.M.Oliv.