Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'n Klas 11E-lokomotief op Vryheid, KwaZulu-Natal, 15 Augustus 2007

Die Ermelo-Richardsbaai steenkooltrajek is 'n spoorlyn wat deur Transnet Freight Rail gebruik word om spesiale lang treine met uitvoersteenkool vanaf verskeie koolmyne in Mpumalanga na die uitvoerterminaal by Richardsbaai te verskuif.

Die trajek is een van vier in Suid-Afrika wat teen 'n spanning van 25 kV wisselstroom opereer. Die spesiaalontwerpte Klas 11E-lokomotief word uitsluitlik op hierdie trajek vir steenkooltreine gebruik.