Ertjies Bezuidenhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Ernst Bezuidenhout (13 Oktober 1955, Vanderbijlpark - 29 Februarie 2012, Pretoria) was 'n bekende Suid-Afrikaanse fietsryer wat algemeen onder sy bynaam, Ertjies, bekend was. Hy het die Rapport Toer gewen in 1984 en het ook die Argus-fietswedren drie keer gewen in 1981, 1982 en 1986. Ertjies was 'n sterk klimmer en het die Koning van die Berge-titel verskeie kere gewen in die Rapport Toer. Ander bekende fietryers van sy era is Alan van Heerden en Robbie McIntosh.

Ertjiesberg op die R 500 hoofpad tussen Fochville en Parys is na hom vernoem; hy het gereeld hier geoefen.

Tydens sy jong jare was hy 'n student aan die Potchefstroomse Universiteit (rondom 1976-1978), en het baie hard geoefen aan fietsry. Op koshuis was dit vir hom geen moeite om op 'n Woensdagmiddag sy wasgoed per fiets van Potchefstroom na Vanderbijlpark, waar sy ouers gewoon het, te neem, en weer terug nie. Dit was vir hom dan net 'n kort oefensessie.

Hy het ook in die rolprent Geel Trui vir 'n Wenner verskyn.

Bronne[wysig | wysig bron]