Ertjieskloofdam
Voorkoms
Ertjieskloofdam | |
---|---|
Amptelike naam | Ertjieskloofdam |
Ligging | naby Stellenbosch |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33°56′36″S 18°52′26″O / 33.94333°S 18.87389°O |
Dam in | Eersterivier |
Doel | Besproeiing |
Eienaar | Privaat |
Soort dam | Grondvulling |
Bakmaat | 78 000 m³ |
Reservoir | Ertjieskloofdam |
Die Ertjieskloofdam (dikwels verkeerdelik die Coetzenburgdam genoem) is 'n dam by Stellenbosch op die westelike hellings van die Hottentots-Hollandberge.
Hierdie dam is aan die suidekant van die kampus van die Universiteit Stellenbosch by die Coetzenburg-stadion. Rondom die dam is daar 'n netwerk van voetpaaie en goeie geleentheid vir bergfietsry.
Dit is in 1960 gebou en skep 'n meer met 'n maksimum volume van 78 000 m³.
Die dam sowel as die nabygeleë Welgevallendam (Paul Roos-dam) is die eiendom van die universiteit en het beide reg op 'n kwota water uit die Eersterivier. Met hierdie water word sekere sportvelde besproei.