Ewald Auguste Esselen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ewald Esselen
Ewald Esselen
Geboortenaam Ewald Auguste Esselen
Gebore 2 September 1858
Worcester, Kaapprovinsie
Oorlede 1918
Seepunt, Kaapprovinsie
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Ouers Vader: Eerw. L. F. Esselen
Alma mater Inner Temple, Londen
Beroep Advokaat; regter
Bekend vir Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek

Ewald Auguste Esselen is op 27 September 1858 in Worcester, Suid-Afrika gebore uit 'n Rynse sendingfamilie. Sy vader was eerw. L. F. Esselen.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Na sy skoolopleiding is Ewald na die Universiteit van Edinburgh, Skotland, om hom in die medisyne te bekwaam. Hy het in 1881 na Suid-Afrika teruggekeer en is later as die privaatsekretaris vir vise-president Paul Kruger aangestel. Hy het weer na Londen gegaan waar hy, op advies van Kruger, by die Inner Temple gekwalifiseer het as 'n advokaat. In 1887 is hy aangestel as Kriminele Regter vir die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), en as Prokureur-generaal in 1894. [1]

Krygsgevangene[wysig | wysig bron]

Hy word in 1900 krygsgevange geneem, maar tog toegelaat om op parool na Europa te gaan. Hy keer in 1902 terug na Suid-Afrika en begin weer as advokaat praktiseer.

Dood[wysig | wysig bron]

Hy het aan die begin van 1918 in Seepunt (Kaapstad) gesterf en is begrawe in die Ou Begraafplaas in Pretoria.

Straatnaam[wysig | wysig bron]

Esselenstraat (nou bekend as Robert Sobukwe-straat) in Pretoria was na hom vernoem.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Pretoriana Nr./No. 59, April, 1969" (PDF). Besoek op 11 Oktober 2015.
  2. "ShowMe: Pretoria's new street names". Besoek op 11 Oktober 2015.