Die klub is op 1 Oktober1908 gestig as FC Villingen 08. Die klub het in 1920 met Athleten-Club Germania Villingen saamgesmelt, maar die twee klubs het later weer uitmekaar gegaan.
Die span het tussen 1927 en 1931 in die Bezirksklasse Oberbaden gespeel, destyds die hoogste klas. Die klub het in die 1930’s 'n speler vir die nasionale span opgelewer (die enigste tot dusver), Hermann Gramlich. Gramlich is egter in 1942 in Rusland oorlede tydens die Duitse inval gedurende die Tweede Wêreldoorlog. In 1939 het die span weer op die hoogste vlak in die Gauliga meegeding.
Die klub is na die Tweede Wêreldoorlog herstig as ASV Villingen en het direk na die oorlog in die Oberliga meegeding, op daardie stadium die hoogste vlak.
Die klub se tuisveld was tussen 1920 en 1960 die Stadion Waldstraße. Op 15 Oktober1960 is die nuwe tuisveld, die Friedengrundstadion, ingewy met plek vir 16 000 toeskouers, insluitend 800 sitplekke en 2 500 onderdak staanplekke.
FC Villingen 08, in: Hardy Grüne (2001): Vereinslexikon. Enzyklopädie des deutschen Ligafußballs. Band 7. Kassel: AGON Sportverlag, S. 456. ISBN 3-89784-147-9